Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Groot gees van SA hokkie oorlede

Suid-Afrika het ’n groot hokkiegees verloor.

Die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging (SAHV) het Dinsdag aangekondig dat Allistar Fredericks, ’n voormalige nasionale speler wat in sy uitvoerende raad gedien het en president van Suid-Gauteng was, oorlede is.

Allistar Fredericks is op 49-jarige ouderdom oorlede. Foto: Facebook

Dit blyk Fredericks (49), van Johannesburg, het asemhalingsprobleme en lae suurstofvlakke gehad.

Fredericks, voorheen ’n Kimberliet, was destyds ’n held vir baie toe hy die eerste gekleurde speler was wat die Suid-Afrikaanse manshokkiespan verteenwoordig het.

Hy het Suid-Afrika by 1996 se Olimpiese Speler in Atlanta in die VSA verteenwoordig. Die doelskieter het volgens sahockey.co.za 57 doele in 59 toetse aangeteken.

Ally, soos hy bekend was in hokkiekringe, was ná sy uittrede in 1998 enduit in vele hoedanighede by Suid-Afrikaanse hokkie betrokke.

Hy het ook op provinsiale en nasionale vlak afgerig.

Hy was ’n klompie jare hulpafrigter van die SA manspan.

Hy het die Allistar Fredericks Hockey Development Trust begin. Dié trust beywer hom om belowende hokkiespelers by te staan wat ’n goeie akademiese grondslag en ’n goeie hokkieskool benodig. Dís wat die Beaulieu College, waar hy betrokke was, sulke jongelinge gebied het.

Fredericks was later ’n nasionale keurder en meer onlangs ’n keurderbaas voordat hy die hoëprestasiebestuuder van die SAHV geword het.

“Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van ons uitvoerende raadslid Allistar 'Ally' Fredericks aankondig. Ally was in 1996 ’n Olimpiër en ’n legende van die spel, wat hoop vir baie gebring het,” het die SAKV in ’n verklaring gesê.

Die SAKV sê hy sal ook onthou word vir alles wat hy vir die ontwikkeling van die spel gedoen het en die geleenthede wat hy vir jong, opkomende spelers geskep het.

Meer oor:  Hokkie  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.