Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Groot geveg wag op Fuzile in VSA

Azinga Fuzile kry in Mei die geleentheid om sy aansienlike bokstalente in ’n groot toernooi in Amerika ten toon te stel.

Azinga Fuzile kan vir ’n wêreldtitel boks as hy sy volgende geveg wen. Foto: Facebook

Fuzile boks op 29 Mei in die Michelob Ultra-arena in Las Vegas teen Martin J. Ward van Brittanje.

Dié geveg is die hoofvoorgeveg vir die kragmeting tussen die Wêreldboksraad (WBR) se liggewigkampioen, Devin Haney van Amerika, en Jorge Linares van Venezuela.

Fuzile en Ward se botsing word deur die Internasionale Boksfederasie (IBF) as ’n finale uitdun-geveg beskryf.

Die Brit Martin J. Ward is as Azinga Fuzile se volgende teenstander aangewys. Foto: Getty Images

Die wenner sal die kans kry om teen die wenner van die komende geveg tussen Shavkat Rakhimov van Rusland en Kenichi Ogawa van Japan te baklei.

Rakhimov en Ogawa pak mekaar in Julie in Dubai vir die IBF se vakante superveergewigtitel.

Die titel is vakant omdat die vorige kampioen, JoJo Diaz van Amerika, nie meer die gewig kan haal nie.

Fuzile soek al ’n geruime tyd Rakhimov se bloed. Rakhimov het hom in September 2019 met ’n tegniese uitklophou verslaan.

Fuzile was vir die grootste gedeelte van die geveg in beheer, maar het in die agtste ronde vir ’n kort oomblik fokus verloor en toe duur daarvoor betaal.

Daar is agterna beweer dat Rakhimov gedurende die geveg tussen rondes op onwettige wyse met vlugsout slaggereed gekry is toe hy op die punt was om deur Fuzile uitgeslaan te word.

Meer oor:  Azinga Fuzile  |  Boks  |  Martin J Ward
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.