Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Groot pluimpie vir SA se Sugar Boy
Sugar Boy Malinga soos hy gelyk het toe hy nog ’n beroepsbokser was. Foto: Getty Images

Thulani (Sugar Boy) Malinga, op sy dag een van die gewildste boksers in die land, het onlangs ’n groot pluimpie gekry.

In ’n onderhoud, wat pas in The Ring verskyn het, sonder Nigel Benn van Brittanje Malinga uit as die beste bokser teen wie hy nóg geboks het.

Malinga (65) het twee keer teen Benn geboks. In 1992 het hy teen Benn verloor en in 1996 het hy hom verslaan en die Wêreldboksraad se super-middelgewigkampioen geword.

Sugar Boy Malinga het Nigel Benn in 1996 in Newcastle, Engeland, ’n loesing gegee. Foto: Getty Images
Nigel Benn het nie gestry toe die wenner aangekondig is nie. Foto: Getty Images

“Hy (Malinga) was nie die mees stylvolle vegter nie, hy was net my bogeyman. Dit was vir my baie moeilik om teen hom te boks,” sê Benn.

“Al het ek ons eerste geveg gewen, kon ek dit netsowel verloor het. Ek dink ek het gewen, omdat ek voor my eie mense baklei het.”

Volgens Benn was Malinga een van die min boksers wat hom “regtig seergemaak” het.

In een van hul gevegte het Malinga hom so hard geslaan dat hy sy eie tong omtrent afgebyt het.

’n Meer onlangse foto van Sugar Boy Malinga. Foto: Facebook

“Ek het die houe gesien kom, maar ek kon niks daaraan doen nie,” sê Benn.

Dié Brit het op sy dag teen top-vegters soos Steve Collins, Iran Barkley, Chris Eubank, Gerald McClellan en Vincenco Nardiello geboks, so sy hoë dunk van Malinga is ’n groot kompliment.

Ironies genoeg slaan Malinga Benn nie so hoog aan nie.

Toe The Ring Malinga ’n paar jaar gelede gevra het wie die bestes is teen wie hy geboks het, het Benn se naam nie juis opgekom nie.

Malinga het wel gesê Benn kon sy houe die beste verduur.

Volgens Malinga was Roy Jones junior, wat verlede jaar in ’n vertoongeveg teen Mike Tyson geboks het, sy beste teenstander.

Jones het Malinga in 1993 in die sesde ronde van hul geveg in St. Louis, Amerika, uitgeslaan.

• Benn se twee seuns, Conor en Haley, is ook albei beroepsboksers.

Conor se volgende geveg is op 10 April teen Samuel Vargas van Colombia.

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.