Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Grosjean: F1 moet kyk na kopbeserings

Die Franse renjaer Romain Grosjean het ’n beroep op Formule Een gedoen om navorsing te doen om beter te verstaan wat die impak van groot beserings op die brein van die jaer is.

Wrakstukke van Romain Grosjean se Haas-renjaer word van die baan verwyder. Foto: Getty Images

Die Fransman het verlede maand in die eerste rondte van die Bahreinse Grand Prix ’n gru-ongeluk oorleef toe sy Haas-motor ’n veiligheidsreling getref, in twee geskeur en in vlamme uitgebars het.

Beeldmateriaal van die ongeluk het die motorsportwêreld geskud, maar Grosjean het uit die wrak geklim en net brandwonde aan sy hande en voete opgedoen.

Die 34-jarige jaer het onlangse veiligheidsopgraderings krediet gegee dat dit sy lewe gered het.

Maar nou wil hy in samewerking met die neurowetenskaplike tegnologie-maatskappy MindMaze motorsport se kennis help verbeter van hoe die brein skade opdoen in sulke ongelukke.

“Ek dink ons kan baie leer uit sulke voorvalle. Ek is gelukkig om te oorleef en ek kan praat en onthou alles,” sê hy in ’n video op sy YouTube-kanaal.

’n Skermgreep wys hoe Romain Grosjean uit sy brandende renmotor klim. Foto: Getty Images

“Ek is nie seker of dit ’n goeie ding is nie, maar ek onthou alles. Ek glo sommige grys gebiede in motorsport word reeds beter verstaan.

“Vir my is die volgende stap om te verstaan wat met die brein gebeur. Ja, ons kan veiligheid met handskoene verbeter, maar moet ook weet wat met die brein gebeur.

Romain Grosjean het geringe brandwonde aan sy hande opgedoen. Foto: Getty Images

“Jy moet eintlik vir ’n paar sekondes jou bewussyn verloor, maar jy moenie so bewus wees van alles soos ek was nie.

“Ek wil met sensors op die brein weet wat ten tyde van ’n ongeluk gebeur – hoe kan ons die valhelm en die sitplek se kopsteun en veiligheid in die algemeen verbeter sodat die jaer nie sy bewussyn verloor nie en weet wat hy moet doen.”

Grosjean het weer eens gesê hy is gelukkig om te leef en veiligheid in F1 het oor die jare baie verbeter.

“Sonder die halo-beskermingstelsel sou ek nie nou hier gewees het nie.

“Nuwe regulasies vir brandwerende oorpakke het ook baie gehelp. Ek was 28 sekondes in die vlamme en het ontsnap met geringe brandwonde aan my regterhand en nie te veel aan my linkerhand nie.

“As die onderstel gebreek het, sou my bene gebreek het en sou ek nie uit die wrak kon klim nie.”

Dit is onseker of Grosjean nog aanstaande seisoen gaan deelneem. Hy het nog nie ’n nuwe span nie. – TeamTalk

Meer oor:  Romain Grosjean  |  Grand Prix  |  Formule 1-Ren  |  Kopbeserings  |  F1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.