Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gruongeluk: Renjaer ‘wakker en praat’
Ryan Newman se motor trek deur die lug. Foto: USA Today Sports
Die Nascar-renjaer Ryan Newman. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse Nascar-renjaer Ryan Newman is wakker en in staat om te praat nadat hy Maandag in ’n ongeluk in die laaste rondte van die 62ste Daytona 500 betrokke was.

Newman (42) het voorgeloop toe sy motor kort voor die wenstreep van agter getref is. Hy het beheer daaroor verloor voordat dit teen ’n muur gebots, omgedop, deur die lug geseil en op sy dak geland het en met vonke en vlamme oor die wenstreep geskuur het.

CNN berig Newman se Roush Fenway Racing-span sê in ’n verklaring oor sy toestand hulle sal aanhangers deurlopend op hoogte hou soos nadere besonderhede beskikbaar raak.

“Ryan Newman is steeds in die sorg van die dokters by die Halifax- mediese sentrum in Daytona Beach, Florida. Hy is wakker en praat met sy familie en mediese personeel,” lui die verklaring.

“Ryan en sy familie het hul waardering uitgespreek vir die boodskappe van beterskap en mense se besorgdheid van oor die hele land heen. Hulle is dankbaar vir die onwrikbare ondersteuning van die Nascar-gemeenskap en van oral anders.”

Die wedren is van Sondag tot Maandag uitgestel weens gure weer.

Newman, wat die Daytona 500 in 2008 gewen het, is ’n Nascar-veteraan van 19 seisoene.

– Sportredaksie

Meer oor:  Nascar  |  Daytona 500  |  Ryan Newman  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.