Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Guise-Brown spog met driekuns
Matt Guise-Brown het Donderdag uitgeblink teen die nasionale o.21-hokkiespan. Foto: Gallo Images

Matt Guise-Brown het Donderdag ’n driekuns aan doele behaal in die Suid-Afrikaanse Olimpiese manshokkiespan se oorwinning van 6-1 oor die nasionale o.21-span.

Dit was die tweede van vier wedstryde tussen dié spanne in Potchefstroom om die senior mans te help voorberei vir aanstaande maand se Spele in Tokio.

Die seniors het na ’n hoër rat oorgeskakel en was veral op hul stukke in die derde kwart, wat drie doele van strafhoeke af opgelewer het.

Jethro Eustice het sy tweede doel van die reeks aangeteken met ’n trekhou, waarna Guise-Brown met agtereenvolgende trekhoue in die kol was.

Dayaan Cassiem was vroeër eers in die tweede kwart uiteindelik suksesvol vir die wenspan toe hy binne die sirkel in besit gestel is. Dit het gelyk of hy ’n omgekeerde veeghou gaan probeer, maar hy het vinnig omgeswaai om die doelhok met ’n kragtige poging te laat raas.

Keenan Horne was net daarna byderhand ná ’n dwarsaangee om die telling 2-0 met rustyd te maak.

Trevor de Lora het in die laaste kwart die jonges se enigste doel aangeteken, waarna Guise-Brown ’n strafdoel behaal het om sy driekuns te voltooi.

Die derde wedstryd word Saterdag gespeel. – Johann de Jager

Meer oor:  Hokkie  |  Altus Momberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.