Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
'SA sportlui moet pas met BLM aangee'

Dit “skok” die anti-apartheidstryder Peter Hain dat Suid-Afrikaanse sportlui nie soos een man bereid is om ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te kniel nie.

’n Groot gros van die Sale Sharks se spelers, waaronder ’n hele klompie Suid-Afrikaners, kniel nie saam het spanmaats en spelers van Harlequins voor ’n wedstryd in die Engelse Premierliga nie. Foto: Getty Images

Hy het dié uitlating Woensdag in ’n onderhoud gemaak oor die boek Pitch Battles: Sport, Racism and Resistance, wat hy en André Odendaal, die voormalige krieketadministrateur en sporthistorikus, saam geskryf het.

Hain se verset het regstreeks daartoe aanleiding gegee dat Suid-Afrika se beplande kriekettoer van Engeland in 1970 afgelas is, terwyl hy ook aan die voorpunt was van betogings tydens die Springbok-toer van Brittanje en Ierland in 1969-’70.

“Van al die lande in die wêreld, sou ek dink dat wit en swart rugby-, krieket- en sokkerspelers die eerstes sou wees om te kniel. Of dit nou die wit Springbokke by die Sale Sharks of die onlangse weiering van die Suid-Afrikaanse krieketspan in die T20-reeks (teen Engeland) was, vind ek dit aanstootlik,” sê Hain.

“Dis asof mense nie hul eie geskiedenis geleer het nie, en nie begryp waarom dit belangrik is dat hulle die leiding neem nie.

Peter Hain in 2019 by ’n tentoonstelling van Nelson Mandela se lewe in Londen. Foto: Getty Images

“As apartheid steeds beleid was, sou Suid-Afrika nie aan verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi deelgeneem het nie. Geeneen van die Springbokke sou die Webb Ellis-trofee gelig het nie. Ek dink hulle het ’n verantwoordelikheid om hul geskiedenis te leer en ek hoop elke een lees Pitch Battlesom daardie begrip te kry.”

Rugbyspelers van die Bulle, Haaie, Leeus en Stormers het met hul terugkeer ná die staat van inperking vir Superfan-wedstryde op Loftus Versfeld ook nie gekniel nie. Daar is wel standpunt ingeneem deur middel van ’n credo teen rassisme.

Hein voeg by dat dit die anti-apartheidsbeweging was wat die weg vir Bokke se terugkeer tot internasionale rugby gebaan het.

“Julle (die Bokke) is slegs daar danksy die sukses van die stryd teen apartheid en het ’n plig om langs die BLM-protesteerders te staan en te erken dat dit ’n wêreldwye probleem is,” sê hy.

“Gegewe Suid-Afrika se geskiedenis as die ergste vorm van rassisme in die wêreld, insluitende die ergste vorm van rassisme in sport, is die verantwoordelikheid daar om morele leierskap, nie politieke leierskap nie, te toon.”

Hain heg wel groot betekenis aan die feit dat die Bokke verlede jaar se WB-toernooi in Japan met ’n swart kaptein, Siya Kolisi, gewen het.

“Daar is meer as een dimensie daaraan. Eerstens was dit ’n veelrassige span en dis baie belangrik. Dit was ’n span wat die res van die wêreld geklop het, so nierassige rugby werk. Veelrassigheid kan van jou die kampioen maak en dit het,” sê hy.

Die omslag van die nuwe boek wat Peter Hain en André Odendaal geskryf het.

“Dit was ook ’n regverdiging van die anti-apartheidsveldtog en my eie bydrae daartoe in sport, want dit was ’n span wat op verdienste en nie op grond van ras – soos onder apartheid – gekies is nie en het die res van die wêreld getroef.”

Hain meen dis terselfdertyd belangrik om nie perspektief te verloor nie.

“Dit moet in perspektief geplaas word, want swart Springbokke, insluitende Kolisi, kom deur elite-skole. Siya het Grey High School een van die beste skole in Suid-Afrika en ’n toprugbyskool bygewoon,” sê hy.

“So dit was ’n wonderlike prestasie, maar daar is nog uiters baie werk wat gedoen moet word en daarmee verwys ek nie net na Suid-Afrika nie. Dis veral waar in Suid-Afrika as gevolg van apartheid se nalatenskap wat die land met ’n meulsteen om sy nek gelaat het. Dit is vererger deur korrupsie.

“Die verantwoordelikheid berus nie net by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie nie, maar by die skole self om hul standaarde te verhoog. Die standaard by die meerderheid van Suid-Afrika se swart skole en die gehalte van die onderrig is baie laag.

“Daar is baie geld wat aan die klaskamers bestee moet word wat in mense se sak beland. Jy moet die skole en die ekonomie uitsorteer en verskillende dele van die samelewing moet meer gelyk word.”

Meer oor:  Krieket  |  Bokke  |  Black Lives Matter  |  Springbokke  |  Peter Hain  |  Rassisme  |  André Odendaal  |  Apartheid  |  Kwotas  |  Sokker  |  Blm  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.