Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton behaal sy honderdtal

Lewis Hamilton het hom gister verder in die rekordboeke inbestuur toe hy die eerste Formule Een-renjaer geword het wat 100 touleier-posisies kon behaal.

Hy het met die kwalifisering vir vandag se Spaanse Grand ­Prix in sy Mercedes die voorste wegspringplek met ’n tyd van 1 minuut 16,741 sekondes losgejaag.

Lewis Hamilton
Lewis Hamilton, verdedigende F1-kampioen, in aksie in Spanje. Foto: Reuters

Hy het dié tyd ook al sommer in die eerste rondte van die laaste kwalifiseringsessie behaal en kon daarna nie daarin slaag om daarop te verbeter nie.

Die omstandighede op die baan, onder meer die stowwerige oppervlak, het al die jaers teruggehou.

Hamilton het ná die tyd gesê “dié 100ste voel soos my eerste een”.

“Ek voel baie nederig en dankbaar om dit tot by 100 te maak.”

Max Verstappen (Red Bull) spring vandag tweede weg met Hamilton se spanmaat, Valtteri Bottas, in die derde plek. Daarna volg Charles Leclerc (Ferrari), Esteban Ocon (Alpine) en Carlos Sainz jr. (Ferrari).

Hamilton is ná die eerste drie renne ook op die bopunt van vanjaar se puntelys.

Hy het sy eerste voorste wegspringplek in 2007, in sy debuutseisoen, in Kanada aangeteken. Dit was sy sesde ren in Formule Een en hy dit ook gewen. Hy was 22 jaar oud.

Hy het Michael Schumacher se rekord van 68 voorste posisies in 2017 in België geëwenaar en dit met die volgende ren, in Italië, verbeter.

Die sewemalige wêreldkampioen word boonop baie moeilik gevang as hy voor wegspring – hy het al 97 renne gewen.

Die res van die toptien lyk volgens Reuters só:

Ayrton Senna (Brasilië): 65 voorste wegspringplekke; Sebastian Vettel (Duistland): 57; Jim Clark (Brittanje): 33; Alain Prost (Frankryk): 33; Nigel Mansell (Brittanje): 32; Nico Rosberg (Duitsland): 30; Juan Manuel Fangio (Argentinië): 29; en Mika Häkkinen (Finland): 26.

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Grand Prix  |  Formule Een
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.