Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis effe moedeloos ná Max weer wen

“Ons kort verbeteringe, of dit nou aan die enjin of die motor se vlerk moet wees, dit weet ek nie.”

Dit was die versugting van Lewis Hamilton ná hy Sondag in die Steiermarkse Grand Prix in Spielberg, Oostenryk, weer moes sien hoe ’n Red Bull-renmotor voor sy Mercedes oor die eindstreep jaag.

Max Verstappen Sondag ná die Steiermarkse Grand Prix in Oostenryk. Foto: Getty Images

Max Verstappen het sy vierde Grand Prix van die seisoen gewen en dit was ook die vierde keer agtereenvolgens dié seisoen dat Red Bull ’n wedren wen.

Dit is die eerste keer sedert 2013 dat Mercedes nie daarin kon slaag om in vier agtereenvolgende wedrenne eerste te eindig nie.

“Dit was ’n taamlik eensame wedren. Ek het by daardie ouens (Red Bull) probeer bly, maar met die spoed wat hulle het, was dit moeilik,” het Hamilton ná die wedren gesê.

Dis toe dat hy hom by die Mercedes-baas, Toto Wolff, aangesluit het en gesê het sy motor kort meer spoed, anders gaan hy nie gou weer wen nie.

“Dis nie ’n geheim nie. Red Bull het tans die vinnigste pakket. Ons sal ons gereedskap en ons intelligensie moet gebruik om ons motors te verbeter,” het Wolff al voor die wedren gesê.

Verstappen het eerste weggespring en eerste geëindig.

Lewis Hamilton bekyk sy motor nadat hy tweede geëindig het. Foto: Reuters

“Ek het dadelik die goeie balans in die motor gevoel. Ons het net gesorg dat ons by die beplande ronde-tye hou en dit het regtig goed gewerk,” het hy gesê.

Met sy oorwinning het Verstappen nou die gaping tussen hom en Hamilton na 18 punte op die puntelys gerek.

Sy spanmaat Valtteri Bottas was derde met Sergio Perez van Red Bull vierde.

Lando Norris was vyfde in sy Mercedes. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Max Verstappen  |  Oostenryk  |  Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.