Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton: ‘Ek is vroeër stilgemaak’
Lewis Hamilton voor Sondag se Grand Prix in Oostenryk. Foto: Getty Images

Die sesmalige Formule Een-kampioen Lewis Hamilton sê hy is vroeër in sy loopbaan “stilgemaak” toe hy van voorneme was om teen rassisme protes aan te teken.

Die Mercedes-renjaer was een van 14 deelnemers wat Sondag voor die begin van die Oostenrykse Grand Prix gekniel het om die wêreldwye Black Lives Matter-veldtog te steun.

Hamilton het agterna verwys na ’n gesprek wat hy jare gelede met die Amerikaanse voetbalster van die San Francisco 49ers Colin Kaepernick gehad het.

Ek is destyds soort van stilgemaak. Daar is vir my gesê ek moet dit liewer los.

Kaepernick het in 2016 ’n herrie in die VSA veroorsaak toe hy gedurende die sing van die Amerikaanse volkslied uit protes teen rasse-ongelykheid gekniel het.

“Hy het gaan kniel gedurende die volkslied en is kwaai gekritiseer. Ek het gedink dit is ’n kragtige boodskap en hy het sy werk daaroor verloor.

“Ek het ’n paar jaar gelede met hom gesels ná die Amerikaanse Grand Prix en ek het besluit om met ’n rooi renhelm met sy nommer op deel te neem.

“Ek is destyds soort van stilgemaak. Daar is vir my gesê ek moet dit liewer los. Vandag is ek spyt daaroor en dit is nou vir my belangrik om my deel te doen.”

F1 se enigste swart renjaer het Sondag ’n ander T-hemp gedra as die ander 19 deelnemers.

Hy het ’n Black Lives Matter-hemp aangehad, terwyl die ander s’n die woorde End Racism op die bors gehad het.

Die sesmalige Formule Een-kampioen Lewis Hamilton is die seisoen in ’n swart renmotor in aksie. Foto: Getty Images

Dié 35-jarige Brit sê is nog nie seker hoe hy vorentoe protes gaan aanteken nie.

“Of dit gaan wees om weer te kniel, ek weet nie of daar weer sulke geleenthede sal wees nie. Ek wil dit beslis nie doen wanneer die volkslied gesing word nie.”

Hamilton het onlangs aan ’n optog in Londen deelgeneem, maar hy sê hy ondersteun rassegelykheid, pleks van om ’n politieke standpunt te stel.

Wat ons nie nodig het nie, is dat die protes ’n stille dood sterf sonder enige verandering.

“Wanneer ek die hemp dra en my hieroor (rassisme) uitlaat, ondersteun ek nie enige politieke organisasies nie.”

Sy renmotor is van silwer na swart verander vir die seisoen en Hamilton sê hy sal aanhou om sy hart op sy mou te dra oor die kwessie.

“Daar is vir die afgelope paar weke bewusmaking en wat ons nie nodig het nie, is dat die protes ’n stille dood sterf sonder enige verandering.”

Veertien van die 20 renjaers het Sondag by die Red Bull-renbaan in Spielberg gekniel.

Charles Leclerc, Max Verstappen, Antonio Giovinazzi, Daniil Kyvat, Carlos Sainz en Kimi Räikkönen het staande gebly. – Reuters

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Formule Een  |  Black Lives Matter  |  Rassisme  |  Blm  |  Oostenrykse Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.