Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton: Formule Een kort vir Vettel

Dit is belangrik vir Formule Een dat Sebastian Vettel bly en dit was ’n slim skuif van Racing Point, wat volgende seisoen Aston Martin F1 word, om ’n kontrak met hom te teken.

Lewis Hamilton Foto: Getty Images

Dit is die mening van die sesmalige wêreldkampioen Lewis Hamilton. Dié 35-jarige Brit meen dat Vettel se skuif van Ferrari na die Silverstone-gebaseerde span opwindend vir die sport is.

“Dit is ’n taamlike groot skuif van Ferrari na die opkomende span,” het Hamilton aan Sky Sports gesê.

“Ek dink dat dit belangrik is vir Formule Een om dié uitstekende bestuurder in die sport te hou. So ek is bly dat hy sal voortgaan en nie gaan ophou nie.

“Ek is ook baie bly vir hom, want dit was nie die maklikste reis by Ferrari nie en ek dink hy gaan so baie daaruit leer.”

Racing Point het aangekondig dat Vettel, ’n viermalige wêreldkampioen, van 2021 af vir hom sal ry en die Mexikaan Sergio Pérez vervang.

Vettel (33) het vroeër aan die media gesê hy het daaraan gedink om af te tree voordat hy die kontrak met Racing Point geteken het.

Die feit dat hy bly, beteken dat die sport drie meervoudige wêreldkampioene sal hê wat steeds gaan ry.

Dít nadat die Spanjaard en tweemalige wêreldkampioen Fernando Alonso ook gaan terugkeer om te ry vir Renault, wat na Alpine F1 hernoem gaan word.

“Ek dink dit is een van die slimste skuiwe wat Aston Martin kon maak en ek is opgewonde om te sien wat hy bydra en hoe hy gaan help om die span vorentoe te neem,” het Hamilton bygevoeg.

Hamilton, wat ná agt wedrenne 47 punte voor sy spanmaat Valtteri Bottas op die punteleer is, het gesê ervaring is kosbaar. – Reuters

Meer oor:  Sebastian Vettel  |  Lewis Hamilton  |  Racing Point  |  Grand Prix  |  Aston Martin  |  Ferrari  |  Formule 1-Ren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.