Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton gee oudbaas van F1 oorveeg

Lewis Hamilton, die sesmalige F1-wêreldkampioen, het die voormalige renbaas Bernie Ecclestone van “onkundigheid en ongeletterdheid” beskuldig oor sy uitsprake oor rassisme.

Lewis Hamilton

Hamilton, wat een van die groot ondersteuners van die Black Lives Matter-veldtog is, het kwaai teruggekap nadat Ecclestone, wat tot in 2017 die F1-grootbaas was, in ’n onderhoud op CNN gesê het dat “in baie gevalle is swart mense meer rassisties as wit mense”.

Toe hy gevra is om sy stelling te staaf, het Ecclestone gesê dit was iets wat hy “opgemerk” het.

Bernie Ecclestone

Ecclestone (89) het bygevoeg dat hy nie daarvan bewus was dat Hamilton onder rassisme in sy loopbaan deurgeloop het nie.

Volgens hom was dit nooit nodig om dit met Hamilton te bespreek nie en dat hy “verras is dat dit hom enigsins gepla het”.

Maar Hamilton het Ecclestone se opmerkings as hartseer en teleurstellend beskryf.

“Hoe ver moet ons as ’n samelewing gaan voordat daar werklik gelykheid is,” het Hamilton op Instagram geskryf. “Bernie is buite sport en deel van ’n ander generasie, maar dit is juis dít wat fout is. Dit maak nou vir my sin hoekom daar niks gesê of gedoen is om F1 meer divers te maak of om rassisme te takel nie.

“As iemand wat dekades lank in beheer was so min van die dieperliggende kwessies weet waarmee as ons as swart mense elke dag te doen kry, hoe kan ons verwag dat mense wat onder hom werk dit sal verstaan? Dit begin bo.”

F1 het hom ook van Ecclestone se opmerkings gedistansieer. – BBC, Sky Sports

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Bernie Ecclestone  |  F1  |  Formule Een  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.