Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton kap ‘wit F1’ wat wegkyk
Die Britse Formule Een-renjaer Lewis Hamilton het uitgevaar teen diegene wat hul nie uitspreek teen rassisme nie. Foto: Getty Images

Die sesmalige Formule Een-kampioen Lewis Hamilton het ander renjaers op sosiale media geroskam omdat hulle hul nie uitspreek teen rassisme midde-in die betogings wat tans in Amerika woed nie.

Dit volg nadat George Floyd, ’n swart man, op 25 Mei dood is toe ’n wit polisieman in Minnesota met sy knie op Floyd se nek gekniel het. Floyd het gepleit dat hy nie asem kan kry nie.

Sy dood het tot grootskaalse onrus en beskadiging van eiendom in verskeie groot Amerikaanse stede aanleiding gegee, met betogers wat protes aangeteken het teen rassisme en polisiewreedheid.

Die 34-jarige Hamilton, ’n Brit wat vir Mercedes ry, het op Instagram uitgevaar teen die stilte “in ’n sport wat deur wittes oorheers word”.

“Ek sien dié van julle wat stil is – van julle wat die grootste sterre (in die sport) is, maar tog swyg te midde van ongeregtigheid.

Nie ’n teken van enigiemand in die bedryf nie, wat natuurlik ’n sport is wat deur wittes oorheers word.
Lewis Hamilton

“Nie ’n teken van enigiemand in die bedryf nie, wat natuurlik ’n sport is wat deur wittes oorheers word. Ek is een van die enigste mense van kleur daar, ek staan op my eie.

“Ek sou dink teen hierdie tyd sou julle gesien het hoekom dit gebeur, en iets gesê het, maar julle kan nie langs ons staan nie. Weet net dat ek weet wie julle is en julle raaksien,” skryf Hamilton.

“Ek ondersteun nie diegene wat geboue plunder en brand nie, maar wel diegene wat vreedsaam betoog. Daar kan nie vrede wees solank as wat ons sogenaamde leiers nie verandering teweegbring nie. Dit is nie net Amerika nie, maar ook die Verenigde Koninkryk, Spanje, Italië en orals.

“Die manier waarop minderhede hanteer word, moet verander; hoe jy jou mense onderrig oor gelykheid, rassisme, klasseverskil en dat ons almal dieselfde is. Ons word nie gebore met rassisme en haat in ons hart nie, dit word aan ons geleer deur diegene wat ’n voorbeeld vir ons moet stel,” sê Hamilton. – Sportredaksie

Meer oor:  Amerika  |  Rassisme  |  Lewis Hamilton  |  George Floyd  |  Formule Een
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.