Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Lewenstaak’ om rassisme te beveg, sê Lewis

Kort nadat die Britse renjaer Lewis Hamilton Sondag die Stiermarkse Formule Een gewen het, het hy onderneem om die res van sy lewe daaraan te wy om rassisme te beveg.

Die 35-jarige Hamilton het sy 85ste oorwinning in sy loopbaan gevier deur ’n saluut met sy vuis in die lug uit te voer.

Die Brit Lewis Hamilton vier sy sege Sondag met sy vuis in die lug. Foto: Getty Images

Voor die aanvang van die wedren, het hy vir die tweede week in ’n ry gaan kniel. Elf ander bestuurders het ook gekniel – ’n gebaar wat gemaak word in solidariteit met die Black Lives Matter-beweging. Daar blyk egter verdeeldheid onder bestuurders te wees oor die ondersteuning daarvan al dan nie.

“Ons het voor die tyd hieroor gepraat en besluit om dit te doen. Sommige het gevra vir hoe lank ons dit moet doen, terwyl ander gevoel het dit was genoeg om dit verlede week te doen. Ek moes hulle net bemoedig deur te sê dat rassisme vir langer gaan bestaan as wat ons hier is,” sê Hamilton.

“Mense van kleur wat aan rassisme onderwerp word, het nie die tyd om nou en dan daarteen protes aan te teken nie. Ons moet voortgaan om ons vir gelykheid te beywer en bewusmaking te skep. In my persoonlike hoedanigheid gaan ek my die res van my lewe daarvoor beywer.”

Chase Carey, Formule Een se voorsitter, het onderneem om $1 miljoen te bewillig om meer diversiteit in die sport teweeg te bring – maar die gebaar stel Hamilton nie heeltemal tevrede nie.

“Hoewel dit wonderlik is om te sien dat Chase so gaaf is om ’n miljoen dollar te skenk, is dit ’n geval van, as jy nie weet wat die probleem is nie, maak jy dit nie reg nie – en ’n miljoen dollar kan ook net so ver gaan,” sê Hamilton.

“Daar moet baie werk in Formule Een gedoen word en die FIA (die beheerliggaam van motorsport) moet daarvan deel wees. Die bestuurders ook, want ons het almal groot platforms (soos sosiale media).” – TeamTalk

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Formule Een  |  Rassisme  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.