Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis Hamilton maak F1-geskiedenis
Lewis Hamilton het Sondag F1-geskiedenis gemaak toe hy die Portugese Grand Prix gewen het en Michael Schumacher se rekord van 91 oorwinnings laat spat het. Foto: AP

Lewis Hamilton (Mercedes) het Sondag op die Algarve-baan in Portimao, Portugal, Michael Schumacher se rekordgetal van 91 Formule Een-oorwinnings verbygesteek toe hy die Portugese Grand Prix gewen het vir sy 92ste loopbaansege.

Daar was groot drama in die eerste rondte toe Hamilton deur sy Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, asook Carlos Sainz (McLaren) verbygesteek is toe dit liggies begin reën het.

Maar Hamilton het in die 19de rondte weer die voorsprong geneem en nooit teruggekyk nie.

Bottas was tweede, gevolg deur Max Verstappen (Red Bull) en Charles Leclerc (Ferrari). Meer volg later.

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.