Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton sal daarvan hou om ’n ‘sir’ te wees

Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen Lewis Hamilton het dit Donderdag baie duidelik gemaak dat hy ’n ridderskap sal aanvaar as dit hom aangebied word.

Hamilton is nou die suksesvolste Formule Een-renjaer van alle tye en volgens gerugte in die Britse media kan hy Brittanje se volgende “sir” word.

Een van die dae moet ’n mens Lewis Hamilton dalk as “sir Lewis” aanspreek. Foto: Getty Images

“Eerstens sal ek nooit die koninklike familie wegwys nie,” het die 35-jarige renjaer aan verslaggewers by die Bahreinse Grand Prix gesê. “Ek het in die Verenigde Koninkryk grootgeword en is ’n groot bewonderaar van hulle.

“Daar is geen groter eer as jou land jou erken en met só vereer nie.”

Jackie Stewart, nou 81, was drie keer wêreldkampioen en is sover die enigste van Brittanje se 10 Formule Een-wêreldkampioene wat tot ridder geslaan is.

Wyle Jack Brabham van Australië, wat ook drie keer wêreldkampioen was, was ook ’n ridder. Stirling Moss, wat nooit wêreldkampioen was nie, maar as een van die beste renjaers ooit beskou word, was ook een.

Van Hamilton se ondersteuners dink hy word nie behoorlik in sy eie land geëer nie.

Hamilton, wat al 94 F1-wedrenne gewen het (die meeste in die geskiedenis van die sport), het sy sewende titel vandeesmaand in Turkye beklink om Michael Schumacher se rekord te ewenaar.

Brittanje se koninklike gesin het hom op hul amptelike Twitter-rekening, @Royal Family, met sy “ongelooflike sukses” geluk gewens.

Boris Johnson, Britse premier, het hom ook na Twitter gewend en gesê “jy het ons almal so trots gemaak”.

Volgens Hamilton, wat uit ’n minder bevoorregte en gemengde rasse-agtergrond kom, was dit “baie surrealisties” om dié woorde van gelukwensinge uit dié hoë kringe aan te hoor. – Reuters

TV: Sondag se Bahreinse Grand Prix is van 16:05 op SS Motorsport (kanaal 215).

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Mercedes  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.