Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton sê hy sal aanhou veg vir geregtigheid
Lewis Hamilton is passievol oor sy veldtog om rassegelykheid te bevorder. Foto: Getty Images

Lewis Hamilton, wenner van ses Formule Een-wêreldtitels, sê hy sal nie ophou om sy platform in te span in sy veldtog om rassegelykheid nie, terwyl dié sport se beheerliggaam bevestig het hy ondersoek nie die Brit se optrede by die Toskaanse Grand Prix nie.

Die Mercedes-renjaer het voor én ná Sondag se wedren by die Mugello-renbaan in Italië ’n T-hemp gedra met die slagspreuk “Arresteer die polisielede wat Breonna Taylor doodgemaak het”. Sy hemp het ook ’n foto van Taylor agterop gehad met die onderskrif “Sê haar naam”.

Hamilton sê op Instagram aan sy 20 miljoen volgelinge: “Wil hê julle moet weet ek sal nie stop nie, ek sal nie ophou om hierdie platform te gebruik om die kollig te laat val op wat ek glo is reg nie.

“Hierdie is ’n reis vir almal van ons om te verenig en die wêreld op alle vlakke van ongeregtigheid uit te daag, nie net rassisme nie.”

Taylor, ’n 26-jarige Amerikaanse swart vrou, is deur polisielede doodgeskiet wat in Maart by haar woonstel in Louisville, Kentucky, ingebars het. Een van dié polisielede is in Junie afgedank, maar nie een van die drie betrokkenes is strafregtelik aangekla nie.

View this post on Instagram

#JusticeForBreonnaTaylor ???

A post shared by Lewis Hamilton (@lewishamilton) on

’n Woordvoerder vir F1 se beheerliggaam, die FIA, sê geen formele ondersoek word gedoen na Hamilton se optrede nie en dié sport se enigste swart renjaer – baie naby daaraan om die suksesvolste renjaer van alle tye te word – sal nie gestraf word nie.

Vir dit om te gebeur moes beamptes by die Mugello-renbaan in kennis gestel word dat Hamilton moontlik enige reëls oortree het en dit was nie die geval nie.

Hamilton werk aktief saam met die FIA en F1 op veldtogte teen rassisme en ten gunste van diversiteit, hy geniet die volle ondersteuning van sy Mercedes-span en spog met ’n sosialemedia-profiel ver groter as enige ander renjaer.

Hamilton dra gereeld ’n Black Lives Matter (BLM)-hemp terwyl hy kniel as deel van ’n amptelike anti-rassisme-protesveldtog voor die begin van wedrenne hierdie seisoen.

Die FIA, wat deurlopend ’n nie-politieke-standpunt handhaaf, bemark ’n veldtog teen rassisme.

Hy verbied spanne om advertering te gebruik wat “politiek of geloof” propageer, maar maak nie melding van renjaers nie.

Die FIA-woordvoerder sê die beheerliggaam oorweeg of protokol nodig is in die toekoms.

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  George Floyd  |  Mario Andretti  |  Mercedes  |  Black Lives Matter  |  Jackie Stewart  |  Motorsport  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.