Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton sê jammer ná hy in Albon vasry

Die sesmalige Formule Een-wêreldkampioen Lewis Hamilton het Alexander Albon Sondag verskoning gevra omdat hy teen hom gebots en hom ’n eerste besoek aan die podium gekos het.

Lewis Hamilton tref Alexander Albon se Red Bull in Sondag se Brasiliaanse Grand Prix. Foto: Getty Images

Lewis, wat vanjaar se kampioenskapstitel reeds twee weke gelede in Texas beklink het, is met vyf sekondes gestraf vir die voorval wat in die voorlaaste rondte in die Brasiliaanse Grand Prix in Interlagos plaasgevind het.

“Ek aanvaar volle verantwoordelikheid. Ek aanvaar dat ek van agter af gekom het, so ek was die een wat aan hom geraak het, nie andersom nie,” het die 34-jarige Brit gesê.

“Ek vra Albon groot om verskoning. Ek het gemik vir die gaping wat daar was, maar dit het teen die einde verklein en dit is my skuld .

“Dis die eerste keer in ’n lang, lang tyd dat ek iemand anders gestamp het. Ek het dadelik ná die wedren na hom gegaan om jammer te sê.”

Dis die eerste keer in ’n lang, lang tyd dat ek iemand anders gestamp het.
Lewis Hamilton

Hamilton, wat vir Mercedes jaag, is afgeskuif na die sewende plek terwyl Albon met die 14de plek tevrede moes wees.

“Albon se tyd sal hom. Dit was hom nie dié keer beskore nie,” het die Red Bull-baas, Christian Horner, gesê.

Red Bull se Max Verstappen het die wedren gewen. Dit was die 22-jarige Nederlander se derde oorwinning in die seisoen.

Pierre Gasly van Toro Rosso was tweede.

Albon was tweede toe die botsing plaasgevind het.

McLaren het intussen Sondag ’n deurbraak gemaak deur vir die eerste keer sedert 2014 ’n renjaer op die podium te kry.

Carlos Sainz het wel nie op die podium gestaan nie, maar is opgeskuif na die derde plek nadat Hamilton gestraf is.

“Dit was ’n vreemde eerste verskyning op die podium nadat ek nie reg ná die wedren daar was nie, maar ek is baie gelukkig met ons wedren vandag,” het Sainz gesê.

Die 25-jarige Spanjaard, wat laaste weggespring het nadat hy in die kwalifisering enjinprobleme gehad het, het die beste ’n eenmalige besoek aan die kuipe gemaak.

Die laaste keer toe een van McLaren se renjaers op die podium gestaan het, was in 2014 ná die eerste Grand Prix in Australië.

Toe was dit Kevin Magnussen wat tweede en Jenson Button derde geëindig het nadat Daniel Ricciardo, wat aanvanklik tweede was, gediskwalifiseer is.

Die eens oorheersende span, wat kampioene soos Ayrton Senna, Niki Lauda, Alain Prost en Hamilton opgelewer het, het in 2012 laas ’n wedren gewen toe Buttton in Brasilië koning gekraai het. – Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Formule 1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.