Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton sien lewe in F1 ná uittrede

Lewis Hamilton, Formule Een (F1) se wêreldkampioen, sê hy sal graag by die sport betrokke wil bly wanneer hy sy loopbaan as ’n renjaer afsluit.

Die sewemalige F1-kampioen het vroeër vanjaar sy kontrak met Mercedes met ’n jaar verleng. Dit is sy negende seisoen vir dié span en 15de in totaal.

Hamilton (36) het voor die seisoen se eerste Grand Prix in Bahrein gesê hy sal “in die volgende agt maande of so uitvind of hy gereed is” om op te hou of nie.

Hy het baie belangstellings buite F1, insluitend die mode- en musiekbedryf en maatskaplike en omgewingskwessies.

Lewis Hamilton nadat hy die onlangse Bahreinse Grand Prix gewen het. Foto: Getty Images

Daar was diegene wat geglo het hy kan kies om alle bande met die sport te verbreek wanneer hy besluit om nie meer agter die stuurwiel te klim nie. Hamilton het egter in ’n onderhoud met die koerant La Gazzetta dello Sport die deur oopgelaat om betrokke te bly, hoewel hy nie ’n spesifieke rol uitgelig het nie.

“Ek kan by F1 betrokke bly nadat ek uitgetree het en ek dink dat ek dit graag sal wil doen,” sê Hamilton, wat dié naweek in Imola, Italië, gaan poog om sy 97ste Grand Prix te wen.

“Dis egter vir my moeilik om te dink aan wanneer ek nie meer op die baan gaan wees nie. F1 het my toegelaat om baie mense te bereik, om in te lig, positiewe boodskappe te stuur en om mense aan te moedig. Ek sal eendag uittree, maar die doelwit om motorsport meer inklusief te maak, sal altyd boaan my agenda wees. Dis iets waarvoor ek altyd sal baklei.”

Hamilton sê wel hy wil graag nog ná 2021 op die renbaan wees.

“Die standpunt wat ek inneem, het niks te make met of ons die kampioenskap wen of nie. Ek loop nie weg wanneer daar wind van voor is nie,” sê hy.

“Ek is ten volle toegewyd tot die sport. Ek’s mal oor wat ek doen. Ek sien tans nié dat die einde in sig is nie. Ek sal egter binne die volgende agt maande uitvind of ek reg is om uit te tree. Ek glo nie dit gaan die geval wees nie, maar ’n mens weet nooit.” – TeamTalk

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Mercedes  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.