Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton verkoop nou ook hamburgers

Lewis Hamilton tree Sondag aan vir die Belgiese Grand Prix, maar weg van die renbaan is hy in ’n nuwe stryd betrokke . . . die een teen aardverhitting.

Hamilton, wat twee jaar gelede opgehou vleis eet het, open Maandag ’n vegetariese burger-restaurant in Londen.

Lewis Hamilton gaan nou vegatariese hamburgers verkoop. Foto: Getty Images

Die restaurant sal die eerste van die Neta Burger-franchise wees, wat burgers met name soos “Neat”, “Cheese” en “Chick’n” gaan verkoop.

Terwyl Hamilton hom in die restaurantbedryf begewe, het die Fin Valtteri Bottas bevestig dat hy vir nog ’n jaar saam met dié Brit vir die Mercedes-span gaan jaag.

Die 30-jarige Bottas, wat in 2017 by Mercedes aangesluit het ná Nico Rosberg skielik uitgetree het, sê in ’n verklaring dat dit ’n wonderlike manier is om die tweede deel van 2019 te begin.

Valterri Bottas wil volgende jaar die Formule Een-wêreldkampioen word. Foto: Getty Images

“My algehele mikpunt is om die Formule Een-wêreldkampioen te word,” sê Bottas.

“Uit my ervaring saam met die span, voel ek dat Mercedes my beste opsie is om daardie doel in 2020 te bereik.”

Bottas het hierdie seisoen reeds twee wedrenne gewen en in nog sewe ander ook op die podium gestaan.

Toto Wolff, die baas van Mercedes se span, het vroeër gesê daar sou tussen Bottas en die 22-jarige Esteban Ocon gekies word om aanstaande seisoen saam met Hamilton te jaag.

Ocon gaan Nico Hulkenberg nou by die Renault-span vervang.

Een renjaer wat dalk intussen besig is om sy naels te kou voor die naweek se wedren by Spa-Francorhamps is Alexander Albon van Thailand.

Die 23-jarige Albon is van Toro Rosso se span na Red Bull s’n bevorder.

Hy vervang die Fransman Pierre Gasly, wat weens sy swak vertonings afskuif na die Toro Rosso-span.

Die Toro Rosso-span is Red Bull se suster-span.

Alexander Albon is maar lekker senuweeagtig voor Sondag se Belgiese Grand Prix. Foto: Getty Images

“Ek sou sê dis ’n 10 vir opwinding,” het Albon Donderdag aan verslaggewers gesê terwyl hy langs sy nuwe spanmaat, Max Verstappen, gesit het.

“Maar dan is die senuweeagtigheid ook maar net so hoog.”

Hy het in verlede maand se Duitse Grand Prix sesde geëindig.

Albon sal egter Sondag heel laaste wegspring weens ’n enjin-verwante straf.

Gasly het op sy beurt gesê hy sal die “skok” van sy demosie hanteer deur sy praatwerk op die baan te doen. – Reuters

* Sondag se Belgiese Grand Prix word van 15:05 regstreeks op SS 5 uitgesaai.

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.