Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hamilton wen, maar Bottas steeds voor

Die sesmalige wêreldkampioen Lewis Hamilton het Sondag die Stiermarkse Grand Prix gewen om nog ’n stappie nader daaraan te kom om Michael Schumacher se naam uit die rekordboeke te vee.

Voor die wedren begin het, het van die renjaers weer hul steun aan die Black Lives Matter-beweging gewys. Foto: Getty Images

Die legendariese Schumacher het 91 Grand Prix-oorwinnings agter sy naam en Hamilton spog nou met 85.

Dit was ’n goeie dag vir Mercedes in Spielberg, Oostenryk, want Hamilton se spanmaat, Valtteri Bottas, het in die tweede plek klaargemaak.

Bottas het verlede week se eerste wedren van die seisoen – ook op die Red Bull Ring – gewen en is met 43 punte steeds die voorloper op die puntelys.

Dit is ses punte meer as wat Hamilton tans het.

Bottas was in die laaste ronde in ’n goeie tweestryd met Max Verstappen van Red Bull betrokke.

Lewis Hamilton wen Sondag die Stiermarkse Grand Prix voor leë paviljoene. Foto: Getty Images

Verstappen moes met die derde plek tevrede wees. Alexander Albon van Red Bull het vierde geëindig en Lando Norris van McLaren was vyfde.

“Dit is heerlik om weer hier (in die eerste plek) te wees en so ’n vertoning te kon lewer,” het Hamilton gesê.

“Dit het daaroor gegaan om dinge bymekaar te hou en by die eindpunt uit te kom.

“Ek is dankbaar om weer in die eerste plek te kon eindig. Dit voel soos ’n lang tyd sedert ek die laaste wedren van verlede seisoen gewen het. Hierdie is ’n groot stap vorentoe.”

Hier kom die Gemaskerde Wonder! Lewis Hamilton net ná sy oorwinning in die Stiermarkse Grand Prix. Foto: Getty Images

Die wedren het op ’n dramatiese noot begin toe Charles Leclerc in die eerste ronde ’n ongeluk veroorsaak het waarin sy eie en sy Ferrari-spanmaat, Sebastian Vettel, se motors beskadig is.

Leclerc het aan Vettel se binnekant probeer verbyglip toe hy ’n randsteen tref en teen die Duitser se motor gebots het.

Vettel se wedren was dadelik verby, maar Leclerc het aanvanklik probeer voorjaag met ’n nuwe voorste vlerk.

Hy het egter gedurende die vyfde ronde ook die handdoek ingegooi.

“Ek vra om verskoning. Ek is teleurgesteld in myself. Ek het vandag nie goeie werk gedoen nie en ek het die span in die steek gelaat,” het Leclerc gesê.

“Dis ’n moeilike tyd vir die span en ons het dit nie nodig gehad nie.”

Vettel het gesê hy het nie verwag dat Leclerc hom aan die binnekant sou probeer verbysteek nie.

“ Ek was besig om met twee ander motors te veg in die derde draai en Charles het my verras toe hy aan my binnekant probeer verbyglip,” het hy gesê.

“Ek dink nie daar was enige spasie nie. Dis (die ongeluk) iets wat ons moes probeer vermy, maar daar was nie juis iets wat ek anders kon gedoen het nie.”

Die Spaanse Grand Prix vind Sondag op Jerez de la Frontera plaas. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Formule 1  |  Motorsport  |  Spielberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.