Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Hande van Klip’ (69) wen geveg teen virus

Die legendariese Panamese bokser Roberto Durán se fanatiese bewonderaars kan daarop aanspraak maak dat hul held met die ystervuiste (sy bynaam was Hande van Klip) hierdie week nog ’n uitklophou behaal het.

Roberto Durán, wat as die bokser met die hande van klip bekend was, is weer gesond en reg om die lewe te pak. Foto: Getty Images

Durán (69) is Donderdag uit ’n hospitaal in Panamastad ontslaan nadat hy van sy stryd teen Covid-19 herstel het.

In ’n Instagram-inskrywing het Durán die gesondheidswerkers van sy land vir hul harde werk geprys.

“Ek is dalk ’n voormalige wêreldkampioen, maar julle is die ware kampioene van die lewe,” sê hy.

“Dit was ’n wêreldkampioenskapsgeveg wat ek kon wen met die ondersteuning, hulp en toewyding van ’n mediese span.”

Durán het sy bokshandskoene in 2001 eindelik weggepak ná ’n roemryke loopbaan waarin hy wêreldtitels in vier verskillende gewigsafdelings gehou het. Hy het 103 gevegte in die geldkryt gewen (70 met uitklophoue) en 17 keer verloor.

Robert Durán is in sy tyd as geldbokser deur teenstanders gevrees omdat hy in ’n woestaard in die kryt verander het. Foto: Getty Images

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Boks  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.