Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hardebaarde terug in SA hokkiegroep
Die ervare doelwagter Rassie Pieterse in aksie teen Ierland verlede jaar in Johannesburg.Foto: Gallo Images

’n Klompie van die senior spelers wie se weglating vir die Statebondspele vroeër vanjaar wenkbroue laat lig het, is terug in die vergrote groep vir die Wêreldbeker-hokkietoernooi vir mans, wat later vanjaar in Indië gehou word.

Verskeie oefenkampe word beplan voordat die groep van 29 tot 18 uitgedun sal word vir die toernooi, wat van 28 November tot 16 Desember in Bhubaneswar gehou gaan word.

Die vergrote groep is ná die provinsiale toernooi aangewys, wat verlede week in Pietermaritzburg beslis is.

Die nasionale span se gereelde doelwagter, Rassie Pieterse, was die Doelwagter van die Toernooi en is terug in die groep nadat hy nie in April saam na Australië was vir die Statebondspele nie.

Die nasionale span se gereelde doelwagter is terug in die groep nadat hy nie in April saam na Australië was vir die Statebondspele nie.

Ditto die ervare Rhett Halkett, Julian Hykes en Jonty Robinson. Dié viertal het saam oor die 500 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel.

Nic Spooner, wat in die franchise-hokkieligas in Engeland en Indië speel en een van die gesamentlike voorste doelskieters in Pietermaritzburg was, is ook beskikbaar.

Noordelikes se kaptein, Peabo Lembethe, is vir die eerste keer in die nasionale groep.

Tim Drummond sal die span weer in Indië aanvoer.

Die sameroeper van die keurders, Allistar Fredericks, het aan sahockey.co.za gesê dit gaan nogal ’n uitdagende proses wees om die groep nou uit te dun tot net 18 spelers, maar hulle sien geweldig uit daarna.

Die afrigter, Mark Hopkins, asook Mark Sanders en Devon van der Merwe, is die ander keurders.

Suid-Afrika sal vanjaar die sesde keer in die Wêreldbeker-toernooi in aksie wees. Sy beste vertoning tot nog toe was sy tiende plek in 1994 in Sydney en weer in 2010 toe die toernooi in Delhi (ook in Indië) gehou is.

Die vergrote groep is:
Dan Bell, Matt Brown,Jared Cass, Dayaan Cassiem, Richard Curtis, Taylor Dart, Tyson Dlungwana, Tim Drummond, Jethro Eustice, Rhett Halkett, Tommy Hammond, Keenan Horne, Julian Hykes, Gowan Jones, Ryan Julius, Peabo Lembethe, Lance Louw, Mohamed Mea, Owen Mvimbi, Nqobile Ntuli, Clinton Panther, Taine Paton, Richard Pautz, Rassie Pieterse, Jonty Robinson, Reza Rosenberg, Daniel Sibbald, Austin Smith, Nic Spooner.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Indie  |  Proteas  |  Wereldbeker-Toernooi  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.