Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Hartebreker’ wen geveg op deftige wyse
Brandon Figueroa besig om Luis Nery ’n pak slae te gee in hul geveg Saterdag in Carson, Amerika. Foto: Getty Images

Brandon Figueroa, wat met die bynaam “Die Hartebreker” spog, het Luis Nery se hart Saterdag in Amerika gebreek deur hom met ’n uitklophou in die sewende ronde te verslaan.

Figueroa is sy bynaam te danke aan sy gewildheid onder die vroulike geslag, maar indien daar enige twyfel oor die 24-jarige Amerikaner se boksvernuf was, het hy dit nou ook uit die pad gemoker.

Figueroa was agter op die telkaarte toe hy Nery in die sewende ronde van hul geveg in Carson in Kalifornië met ’n lyfhou platgeslaan het.

“Joel Diaz (sy afrigter) het gesê ek moet net aanhou om hom (Nery) onder druk te hou. Ek het geweet dat hy besig was om moeg te word. My lyfhoue was besig om hom af te takel,” het Figueroa aan The Ring gesê.

Brandon Figueroa spring in die lug toe dit duidelik word dat Luis Nery nie verder teen hom kan boks nie. Thomas Taylor is die skeidsregter wat Nery regop probeer help. Foto: Getty Images

Met dié oorwinning het Figueroa nou die Wêreldboksraad se junior-veergewigkampioen geword. Hy is steeds onoorwonne ná 23 gevegte in die geldkryt. Een van sy gevegte het gelykop geëindig.

Dit was Nery, wat in Mexiko woon, se eerste nederlaag in 32 gevegte.

Figueroa boks nou op 11 September iewers in Amerika teen sy landsgenoot Stephen Fulton. Fulton is die Wêreldboksorganisasie se kampioen.

• In Keulen, Duitsland, het Mahmoud Charr volgens Sky Sports sy geveg in die swaargewigafdeling teen Christopher Lovejoy met ’n uitklophou in die tweede ronde gewen.

Meer oor:  Boks  |  Brandon Figueroa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.