Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hartseerdag vir Brad Binder in Misano

Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) se aanslag op ’n podiumplek in die Emilia Romagna MotoGP in Misano het Sondag net twee rondtes geduur voordat die geluksgodin teen hom gedraai het.

Pol Espargaro (voor), het Sondag in Misano vierde geëindig in die Emilia Romagna MotoGP, maar hy is ná die ren tot derde bevorder. Sy KTM-spanmaat, Brad Binder, kon nie die ren voltooi nie. Foto: Reuters

Die 25-jarige Krugersdorper het opgeskuif tot die vierde posisie, maar die harde werk ongedaan sien word toe hy geval het.

Binder het opgespring en probeer voortjaag, maar is later onttrek en kon nie die ren voltooi nie.

Verskeie ander aanspraakmakers soos Valentino Rossi, Franco Morbidelli en Francesco Bagnaia het ook geval.

Die ren is deur Maverick Viñales (Yamaha) gewen, met Joan Mir (Suzuki) tweede en Fabio Qurtararo (Yamaha) derde.

Binder se KTM-spanmaat, Pol Espargaro, was vierde, maar hy is derde geplaas nadat Quartararo met ’n paar sekondes deur die beamptes gestraf is.

Meer volg later.

Meer oor:  Motogp  |  Brad Binder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.