Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Alan Hatherly eindig 28ste in Tsjeggië

Die Stellenbosse bergfietsryer Alan Hatherly het Sondag 28ste geëindig by die tweede Wêreldbekerbyeenkoms in vanjaar se reeks, wat in Nove Mesto in die Tsjeggiese Republiek beslis is.

Alan HatherlyFoto: Getty Images

Die 23-jarige veldjaer se tyd was 1 uur 27 minute 2 sekondes.

Die Switser Nino Schurter, die wêreld- en Olimpiese kampioen, het vir ’n tweede keer op sy baadjie gekry.

Die Nederlander Mathieu van der Poel het die sewe rondtes in 1:21:54 afgelê. Schurter was tot voor die einde die voorloper, voordat Van der Poel hom verbygesteek het.

Schurter moes in 1:22:13 met die tweede plek tevrede wees.

Die Switser Mathias Flückiger, wat verlede naweek eerste was by die eerste WB-byeenkoms in Albstadt, Duitsland, het derde geëindig.

Hatherly se 28ste plek is ’n verbetering op sy 37ste plek in Albstadt.

Die Amerikaner Kate Courtney was Sondag die eerste vrou in 1:27:31. Saam met haar op die podium was Rebecca McConnell van Australië (1:28:07 en die Kanadees Haley Smith (1:28:13).

Die Kapenaar Candice Lill het in 1:31:01 ’n goeie 16de plek behaal. Haar landgenoot Mariske Strauss was 29ste in 1:34:13.

Die volgende byeenkoms in die reeks is in Julie in Vallnord, Andorra.– Annchen Nel

Meer oor:  Bergfietsry  |  Stellenbosch  |  Alan Hatherly
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.