Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hatherly spog met plek in top-10
Die Fransman Victor Koretzky bal sy vuiste toe hy Sondag oor die eindstreep jaag by die eerste Wêreldbeker-byeenkoms in Albstadt, Duitsland. Agter hom is Nino Schurter. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse Alan Hatherly het Sondag nog ’n goeie toptien-posisie by ’n Wêreldbeker-byeenkoms behaal.

Hy het die agtste plek verower by die eerste Wêreldbeker-byeenkoms van die seisoen in Albstadt, Duitsland.

Hatherly het in die proses met sy meer ervare Cannondale-spanmaat Henrique Avancini afgereken.

Die Suid-Afrikaner se tyd in die Olimpiese veldwedren was 1 uur 21 minute 42 sekondes, teenoor die wenner, die Fransman Victor Koretzky, se 1:20:23.

Avancini, van Brasilië, is tans nr. 1 op die wêreldranglys. Hy het tiende klaargemaak.

Hatherly het verlede jaar in ’n verkorte seisoen met ’n vyfde en sesde plek gespog.

Dit was ’n warm dag in Albstadt op ’n tegnies uitdagende roete, wat die klimmers bevoordeel het.

Loana Lecomte van Frankryk op pad na haar oorwinning in die vrouewedren. Foto: Getty Images

Die Franse het die laaste dag se aksie oorheers, met Loana Lecomte wat die vrouewedren in 1:21:38 gewen het, met haar landgenoot Pauline Ferrand Prevot tweede in 1:22:31.

Twee Amerikaanse vroue, Haley Batten (1:22:53) en Kate Courtney (1:22:58), was onderskeidelik derde en vierde.

Terwyl Lecomte feitlik ’n solowedren gery het en van die begin oorheers het, was daar ’n titaniese stryd in ’n opwindende manswedren.

Avancini, Tom Pidcock en Mathieu van der Poel het aan die begin aggressief gery, maar soos die rondtes minder geword het, het die drietal teruggeval en ’n nuwe groep van vier het gevorm. Koretzky, Nino Schurter, Ondrej Cink en Mathias Fleuckiger het die laaste rondte saam getrap.

Pidcock en Van der Poel het daarin geslaag om te herstel, met veral Pidcock wat net ná die vier gery het.

Die ervare Schurter het sy laaste aanslag op die lang afdraande na die eindstreep geloods en net Koretzky kon byhou.

Die ervare Schurter het sy laaste aanslag op die lang afdraande na die eindstreep geloods en net Koretzky kon byhou.

Schurter (35) het sy eindpoging dalk net te gou begin, want toe die 27-jarige Fransman die geringste kans kry, het hy hom verbygesteek en eerste oor die eindstreep gejaag.

Schurter het twee sekondes later gevolg (1:20:25), met Fleuckiger derde in 1:20:46.

Candice Lill (1:29:09) se 31ste plek was die beste van die Suid-Afrikaanse vroue. Mariske Strauss was 55ste.

Die tweede byeenkoms word die komende naweek in Nova Mesto na Morave in die Tsjeggiese Republiek beslis.

Meer oor:  Alan Hatherly  |  Suid-Afrika  |  Duitsland  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.