Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Alan Hatherly spog met sesde plek
Alan Hatherly Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse bergfietsryer Alan Hatherly het Sondag nog ’n goeie uitslag in Europa behaal.

Hy het sy agtste plek by verlede naweek se eerste Wêreldbeker-byeenkoms in Albstadt, Duitsland, opgevolg met ’n sesde plek in Nove Mesto na Morave, Tsjeggië, op ’n uiters moeilike baan besaai met rotse en boomwortels.

Die Brit Thomas Pidcock het Brittanje se fietsrykeurders ’n lekker tameletjie besorg.

Die 21-jarige is by uitstek ’n padfietsryer en het verlede week in Albstadt aan sy eerste Wêreldbeker-ren deelgeneem.

Sondag het hy ’n meesterlike vertoning gelewer en meer ervare teenstanders uitgestof en eerste geëindig.

Hy het die vyf rondtes van 22,2 km in 1 uur 20 minute 55 sekondes afgelê om Brittanje sy eerste Wêreldbeker-wenner in Olimpiese veldrenne in 22 jaar te gee.

Die aksie in Nove Mesto was die laaste kwalifiserende byeenkoms vir die Olimpiese Spele.

Pidcock kan dalk nou Brittanje se pad- en bergfietsspan haal.

Mathieu van der Poel van Nederland het meer as ’n minuut ná Pidcock klaargemaak (1:21:55) en die Switser Mathias Flueckiger was derde in 1:22:10.

Die Tsjeg Ondrey Cink het vierde oor die eindstreep gery in 1:22:55 en Jordan Sarrou van Frankryk was vyfde in 1:23:16, gevolg deur Hatherly in 1:23:23.

Die Switser Nino Schurter, wat verlede week sy 35ste verjaardag gevier het, het sewende klaargemaak.

Dit was die eerste keer ooit dat die voormalige wêreldkampioen en die Olimpiese kampioen nie op die podium in Nove Mesto gestaan het nie.

Die Franse vrou Loana Lecomte het haar tweede agtereenvolgende oorwinning behaal. Haar wentyd was 1:25:13.

Amerika se Hayley Batten was tweede in 1:26:52 en Rebecca McConnell van Australië derde in 1:27:04.

Die Suid-Afrikaner Mariske Strauss het op haar 30ste verjaardag ’n 31ste plek behaal in 1:33:21. Die Kapenaar Candice Lill was 47ste in 1:35:33.

Strauss se 31ste plek is ’n goeie verbetering op verlede week se 55ste plek.

Meer oor:  Bergfietsry  |  Alan Hatherly
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.