Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kampioen durf nie ‘vetsak’ onderskat
Anthony Joshua spog glimlaggend met sy titels terwyl Andy Ruiz duidelik sy maag probeer intrek en homself probeer rek om langer te lyk. In die middel agter is Eddie Hearn, die promotor van die geveg.Foto: Getty Images

Die voormalige swaargewigbokskampioen David Haye het Anthony Joshua gewaarsku om Andy Ruiz nie te onderskat nie.

Joshua verdedig sy swaargewigtitels van die Wêreldboksvereniging (WBV), Wêreldboksorganisasie (WBO), Internasionale Boksfederasie (IBF) en Internasionale Boksorganisasie (IBO) Saterdagaand in Madison Square Garden in New York teen Ruiz.

Ruiz se liggaamsbou was sover die grootste besprekingspunt in die aanloop tot die geveg.

Hoewel die Mexikaan nie ’n yslike vetsak is nie, dra hy beslis ’n paar ekstra kilogram om sy middellyf.

Haye, ’n voormalige kampioen van die Wêreldboksorganisasie, sê egter dit maak hom nie ’n swak bokser nie.

Wanneer jy ’n topatleet langs iemand sien staan wat skynbaar nie sy gesondheid en fiksheid ernstig opneem nie, sit dit ’n demper op die geveg.
David Haye

“Op papier en in die werklikheid, kan dit ’n ordentlike geveg wees, maar wanneer jy ’n topatleet langs iemand sien staan wat skynbaar nie sy gesondheid en fiksheid ernstig opneem nie, sit dit ’n demper op die geveg,” het Haye aan die Express gesê.

Volgens Haye is Ruiz egter ’n baie beter bokser as wat party mense dink.

“Hopelik kyk Joshua nie na hom en dink dit gaan ’n maklike geveg wees nie,” sê hy.

Haye dink wel Joshua kan “vinnig” met ’n uitklophou wen indien hy gefokus is.

Joshua is nog onoorwonne ná 22 gevegte en spog met 21 uitklophoue.

Die enigste bokser wat die volle aantal rondes teen hom staande kon bly, was die Nieu-Seelander Joshua Parker.

Die einste Parker en Ruiz het in 2016 in Auckland kragte gemeet vir die vakante WBO-titel.

Toe het Parker met punte oor 12 rondes gewen. Ruiz het met sy spek-lyf en al tot die einde bygehou en was meestal die aggressor.

Hy kan Joshua inderdaad ’n paar probleme verskaf, hoewel die Britse superster met sy langer arms en akkurate houe behoort te wen.

Dit sal die eerste keer wees dat Joshua in Amerika boks.

Meer oor:  Andy Ruiz  |  Anthony Joshua  |  New York  |  Oorgewig  |  Titelgeveg  |  Kampioen  |  Boks  |  Swaargewig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.