Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hier is 'idioot 'wat voor renperde instap

Die man wat Saterdag in die middel van ’n perdewedren voor aanstormende perde op die resiesbaan gestap het, het Donderdag in die distrikshof in Hutt Valley, Wellington, Nieu-Seeland verskyn.

Justin Bergman het nog nie verduidelik wat deur sy kop gegaan het toe hy op die baan stap nie. Foto: Skermgreep

Justin Bergman (24) word daarvan aangekla dat hy die publiek se veiligheid in gevaar gestel het nadat hy by die Wellington Cup-byeenkoms oor drie heinings gespring en hande in die lug op die resiesbaan gestap het. Jokkies moes woes uitswaai om te keer dat hul perde hom nie onderstebo hardloop nie.

nzherald.co.nz berig hy kan tot ’n jaar tronkstraf kry en met NS$200 beboet word.

Bergman kan benewens sy vonnis deur die hof ook verwag om lewenslank van alle klubs en renbane oor die land heen geskors te word.

James Dunne, regsverteenwoordiger vir Nieu-Seeland se Thoroughbred Racing-beheerliggaam, sê die skorsing sal geld sodra die hofverrigtinge afgehandel is. Die beheerliggaam bestuur 65 perdewedren- en jokkieklubs en 52 resiesbane.

Volgens Dunne het die man nie net sy eie lewe in gevaar gestel nie, maar ook die van die jokkies en perde.

“Dit is slegs danksy geluk en die jokkies se vaardighede dat ’n tragedie vermy is,” sê hy. – Sportredaksie

Meer oor:  Perdesport  |  Jokkies  |  Perdewedren  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.