Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hokkie: Pieterse by mylpaal, 6 spelers herroep

Hy het nooit gedink hy sal by 150 toetse uitkom nie, sê Rassie Pieterse, die jare lange doelwagter van die Suid-Afrikaanse manshokkiespan, aan die vooraand van die Afrikabeker-toernooi volgende maand in Stellenbosch.

Die Suid-Afrikaanse doelwagter Rassie Pieterse kan eersdaags sy 150-tal bereik. Foto: Hockey India

“Ek dink ek is die eerste doelwagter om in soveel wedstryde vir Suid-Afrika te speel, wat dit ’n groot eer maak,” sê die nederige Pieterse. Hy het 149 wedstryde op sy kerfstok. Van al die spelers in die nasionale groep het net die voormalige kaptein Austin Smith (171) meer wedstryde as hy gespeel.

’n Derde Olimpiese Spele is in die stadium sy groot dryfkrag. Suid-Afrika moet egter sy Afrika-titel behou om dit ’n werklikheid te maak.

“Ek is natuurlik nou 35, maar ek geniet my hokkie nog baie. Ek het dit duidelik aan SA Hokkie gemaak dat ek nog 100% toegewyd is tot met die Spele in Tokio (in 2020). Ek was baie gelukkig gewees as ’n laaitie in 2008 toe ek saam na die Beijing-Spele as die plaasvervanger-doelwagter is. Ek was ook by die Londense Spele in 2012.”

Saskok het in 2016 geweier om die span na Rio de Janeiro te stuur, al het hy gekwalifiseer.

Pieterse wil help dat hulle nou al die nodige vereistes nakom. Hulle het reeds soos verlang die eindstryd van die FIH-eindtoernooi in Indië gehaal en moet nou volgende maand se toernooi wen.

“Ek is baie opgewonde en wil alles gee om seker te maak dat ons die Olimpiese vereistes van Saskok nakom.

“Ons kan trots voel op wat ons in Indië bereik het. Dit was moeilike toestande. Ons is boonop ook nie almal beroepspelers (wat heeltyds hokkie speel) nie, so ons moet dinge anders doen as wat ander lande dit doen.

“Die vereiste was dat ons onder die voorste twee spanne moes eindig en ons het dit gedoen. Ons is halfpad daar en moet nou net seker maak dat ons die Afrikabeker-eindstryd haal en dit weer wen en dan hopelik daai kaartjie kry Tokio toe.”

* Ses spelers, waaronder ’n paar staatmakers, wat nie in Indië betrokke was nie, Clinton Panther, Taine Paton, Dayaan Cassiem, Andrew Hobson, Daniel Bell en Mo Mea is intussen herroep.

Die jong Cassiem het harsingskudding in die span se oefenwedstryd teen Indië opgedoen en moes terugkeer.

Die afrigter, Garreth Ewing, sê met heelwat spelers nou weer beskikbaar, was die kies van die span nogal ’n tameletjie.

Die nasionale span sal dadelik na die Premierhokkieliga saamtrek vir die Afrikabeker-toernooi, wat van 12 tot 18 Augustus in Stellenbosch beslis word.

SA groep: Tim Drummond (k), Dan Bell, Dayaan Cassiem, Taylor Dart, Tyson Dlungwana, Jethro Eustice, Andrew Hobson, Keenan Horne, Ryan Julius, Tevin Kok, Nduduzo Lembethe, Mo Mea, Siya Nolutshungu, Nqobile Ntuli, Clinton Panther, Taine Paton, Rassie Pieterse, Austin Smith, Nic Spooner, Alex Stewart.

* Bykomende bron: sahockey.co.za

Meer oor:  Afrikabeker  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.