Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hokkie wag op Ramaphosa se aankondiging

Die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging (SAHA) sal hom laat lei deur pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Donderdag oor inperking voordat enige verdere aankondigings oor sy provinsiale toernooie geneem sal word.

KZN Coastal in 2019 met die o.16- provinsiale toernooi in Pietermaritzburg. Foto: Gallo Images

Suid-Afrikaanse Skolehokkie (SASHOC) het intussen bevestig dat nie een van die skole se provinsiale hokkietoernooie vanjaar weens die Covid-19-pandemie gespeel sal word nie.

Marissa Langeni, uitvoerende hoof van SAHA, sê hulle monitor die situasie wat die o.21- en senior IPT-toernooie betref.

“Ons het ’n paar voorlopige datums bespreek en neergepen. Ons wag nou net vir die president se aankondiging waarna ons weer daarna sal kyk indien nodig,” sê Langeni.

SASHOC sê ná gesprekke met die gashere van die betrokke toernooie sowel as sy uitvoerende raad, is besluit om al sy toernooie vir die jaar te kanselleer.

Nie een van die verskillende ouderdomsgroepe se toernooie sal plaasvind nie.

Die o.18’s se provinsiale toernooi sou in Junie in Stellenbosch plaasgevind het. Die Boland het volgens sahockey.co.za aangedui dat hy nie enige van die toernooie wat aan hom toegeken is, sal kan aanbied nie nadat die inperking vroeër verleng is saam met al die onsekerhede wat daar nog is.

SASHOC sê selfs al word die inperkingsreëls verslap sal die samekoms van baie mense steeds ’n kwessie wees.

Omdat streke nie genoeg tyd sal hê om spanne voor te berei en om vervoer te reël nie, asook dat van die ouers nie in die tyd gewerk het en dit nie kan bybring nie, is faktore wat ’n rol gespeel het in die besluit om die toernooie te skrap.

Daar is ook genoem dat die skole dalk eers vir die derde kwartaal sal heropen en dat hulle dan voorkeur daaraan sal gee om die akademiese jaar te voltooi. Sommige skole kan oorblywende vakansie en dalk ook Saterdae gebruik om in te haal.

SASHOC gee toe die feit dat daar nie toernooie gaan wees nie, ’n invloed op beurse kan hê van diegene in hul laaste skooljaar is en sê die streke moet getuigskrifte vir hul voorste o.18-spelers oorweeg.

SASHOC het ook aanbeveel dat die o.18’s in sy oefengroep vir die o.21-oefenkampe oorweeg moet word in aanloop tot die o.21-Wêreldbeker-toernooi vir vroue wat volgende jaar in Desember in Potchefstroom plaasvind.

* Daar is praatjies dat die St. Mary’s-toernooi vir meisies in Johannesburg, wat gewoonlik in Maart gehou word, dalk nog teen die einde van Julie ingepas kan word, terwyl Oranje se Super12-toernooi dalk in Augustus in Bloemfontein kan plaasvind.

Meer oor:  Koronavirus  |  Hokkie  |  Saha  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.