Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hokkieglorie vir WP, Noordelikes in Bloem
Sylvia van Jaarsveldt in aksie vir die Proteas.Foto: Gallo Imges

Die mans- en vrouehokkiespanne van Suid-Gauteng is albei in uitskietstryde in hul provinsiale eindstryde teen die Westelike Provinsie en Noordelikes onderskeidelik Saterdag in Bloemfontein getroef.

Die vroue-hokkiespan van Noordelikes was met 2-0 baas in hulle uitskietstryd teen Suid-Gauteng nadat dit 1-1 na gewone speeltyd was.

Marguerite van Wyk het Noordelikes volgens altiusrt.com in die 11de minuut laat voorloop toe sy haar vyfde doel van die toernooi aangeteken het.

Sylvia van Jaarsveldt met ’n minuut oor die gelykmaker vir Suid-Gauteng behaal het om ’n uitskietstryd af te dwing.

Dié Protea was met sewe doele uit gebroke spel die voorste doelskieter van die toernooi.

Noordelikes het die uitskietstryd gewen.

Mustaphaa Cassiem was in die mans se eindstryd twee keer in die kol - in 26ste en 41ste minuut - vir die WP teen Suid-Gauteng.

Die Speler van die Toernooi, Nic Spooner, het dit in die 29ste minuut 1-1 vir die Gautengers gemaak, waarna Brynn Cleak met agt minute oor dit weer gelykop met 2-2 gemaak het om ’n uitskietstryd af te dwing.

Finale stand:

Vroue: 1. Noordelikes, 2. Suid-Gauteng, 3. WP, 4. Vrystaat

5. KZN Raiders, 6. OP, 7. SA o.21, 8. Noordwes.

Mans: 1. WP, 2. Suid-Gauteng, 3. Noordelikes, 4. SA o.21, 5. KZN Raiders, 6. OP, 7. Witsies, 8. Skiereiland.

Meer oor:  Hokkie  |  Westelike Provinsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.