Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Conor verdien meer as Messi, Ronaldo

Die Ierse gemengdevegkunstenaar Conor McGregor was die afgelope jaar die wêreld se bes betaalde sportman en het meer verdien as die sokkersterre Lionel Messi en Cristiano Ronaldo.

Conor McGregor het onlangs gesê hy oorweeg dit om Manchester United te koop. Foto: Getty Images

Forbes het vandeesweek sy jaarlikse lys van die sportwêreld se topverdieners bekendgemaak en daarvolgens het McGregor oor ’n tydperk van 12 maande tot en met 1 Mei 2021 $180 miljoen ryker geword.

Dit sluit in borgskappe van $158 miljoen en die onlangse verkoop van sy whiskey-onderneming, Proper No. Twelve.

Barcelona se Argentynse doelskieter Messi was tweede op die lys en het die rekord verbeter vir die bes betaalde sokkerspeler met ’n verdienste van $130 miljoen.

Juventus se Portugese doelevraat Ronaldo het $120 miljoen verdien en beklee die derde plek in die toptien.

Die NFL-quarterback Dak Prescott ($107,5 miljoen) van die Dallas Cowboys en die viermalige NBA-kampioen LeBron James ($96,5 miljoen) is die laaste twee in die topvyf.

Forbes sê dit is die eerste keer dat vier sportlui meer as $100 miljoen in een jaar verdien.

Die tennislegende Roger Federer (sewende) en Formule Een-wêreldkampioen Lewis Hamilton (agtste) het onderskeidelik $90 miljoen en $82 miljoen verdien.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Conor Mcgregor  |  Forbes  |  Roger Federer  |  Lionel Messi  |  Sokker  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.