Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Holyfield krap kop oor dié boksgeveg
Die Kubaanse bokser Luis Ortiz poseer saam met ’n man in ’n King Kong-pak. Ortiz se bynaam is King Kong. Foto: Getty Images

Waarom sou jy die kans waag om twee keer teen King Kong te baklei as jy so gelukkig was om die eerste keer te wen?

Dít is die vraag wat die voormalige swaargewigkampioen Evander Holyfield vra wanneer hy oor die naweek se boksgeveg tussen Deontay Wilder en Luis Ortiz gepols word.

Wilder verdedig sy swaargewigtitel van die Wêreldboksraad (WBR) Sondagoggend (SA tyd) in Las Vegas teen Ortiz.

Evander Holyfield, ’n voormalige swaargewigkampioen van die wêreld, dink Deontay Wilder vat ’n groot kans om weer teen die gedugte Ortiz te boks. Foto: Getty Images

Toe dié twee uitklopkonings mekaar in Maart 2018 in New York gepak het, het Wilder met ’n tegniese uitklophou in die tiende ronde gewen.

Voor dit was dit egter ’n baie gelykop geveg waarin Ortiz, wie se bynaam King Kong is, Wilder ’n paar keer in groot moeilikheid gehad het.

“Ek weet nie waarom Wilder dit waag nie. Op die een of ander manier wen jy teen die beste – die ou teen wie niemand wil baklei nie. Jy klop hom en beweeg dan aan.

“Waarom ’n ou wat so goed is (soos Ortiz) weer ’n kans gee?” het Holyfield aan Boxing News gesê.

Die Amerikaner Deontay Wilder reken hy skrik vir niemand nie. Foto: Getty Images

Hy voel as Wilder besig wou bly voor hy in Januarie weer teen Tyson Fury boks, kon hy ’n makliker teenstander gekies het.

Fury het immers ná sy geveg in Desember 2018 teen Wilder nog net teen twee minder bekende boksers, Tom Schwarz en Otto Wallin, baklei.

Wilder het op sy beurt met ’n meer gerekende vegter, Dominic Braezeale, afgereken.

Volgens Holyfield is dit egter duidelik dat Wilder ongelooflik baie selfvertroue het.

Wilder is ook op rekord dat hy sê dat hy hom voortdurend teen die bestes wil toets.

“Dit gaan oor wie het die meeste uit hul eerste geveg geleer,” sê Holyfield oor Wilder se herontmoeting met Ortiz.

Ortiz is beslis die een met die meeste vernuf, maar Wilder is die meer verwoestende slaner.

Deontay Wilder en Luis Ortiz het mekaar in hul vorige geveg behoorlik opgedreun. Foto: Getty Images

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Luis Ortiz  |  Evander Holyfield
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.