Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Holyfield ‘wil Tyson nie by geveg in boelie’

Die voormalige swaargewig-bokskampioen Evander Holyfield sê hy is reg om ’n derde keer teen Mike Tyson te boks, maar dit klink nie of Tyson in so ’n geveg belangstel nie.

Dit klink nie of Mike Tyson daarin belangstel om ’n derde keer teen Evander Holyfield te boks nie. Holyfield het albei hul vorige kragmetings gewen. Foto: Getty Images

Holyfield sê hy wil nie Tyson “direk” vir ’n geveg vra nie, want dit sal byna dieselfde wees as om sy voormalige teenstander te boelie.

“As ek hom vra, is dit amper asof ek ’n boelie is wat weer teen iemand, wat ek al twee keer verslaan het, wil probeer baklei,” sê Holyfield.

“Ek wil nie daardie druk op my hê van ‘jy wil net teen Mike baklei omdat jy weet jy kan hom klop nie’.”

Al beplan albei legendes om aan vertoongevegte deel te neem, weet Holyfield dat dit rof kan raak.

“As hy my slaan, gaan ek terugslaan,” sê Holyfield.

Tyson het egter onlangs aan Lil Wayne op Young Money Radio gesê Holyfield is nie deel van sy planne nie.

“Nee, nee, ons het baie ouens (wat daarin belangstel om teen hom te veg) en ons gesels met baie van hulle, maar Holyfield is nie een nie,” het Tyson gesê.

Daar is glo ’n kans dat Tyson teen die einde van die week gaan aankondig wie sy teenstander in sy eerste vertoongeveg gaan wees.

Tito Ortiz, ’n gemengde gevegskunstenaar, het onlangs gesê “Tyson se mense” het hom oor ’n moontlike geveg gekontak.

Hy is egter net een van vele vegters wat Tyson skielik uitdaag of beweer dat hulle sy volgende teenstander gaan wees. – Sportredaksie, Reuters, TMZ

Meer oor:  Boks  |  Mike Tyson  |  Evander Holyfield
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.