Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
IBF dreig om Álvarez van titel te stroop
Canelo Álvarez droom daarvan om in die toekoms as ligswaargewig te veg. Foto: Getty Images

Die gewilde Mexikaanse bokser Canelo Álvarez se planne om in gewig op te skuif en die Rus Sergey Kovalev te pak, blyk tans ’n lugkasteel te wees.

Álvarez se kamp het Kovalev ’n tyd gelede ’n aanbod gemaak om in September teen hom te veg.

Indien Kovalev die geveg aanvaar, sal Álvarez van middelgewig na ligswaargewig moet opskuif.

Kovalev moet egter sy Wêreldboksorganisasie-titel op 24 Augustus in Rusland teen Anthony Yarde van Brittanje verdedig.

In hierdie stadium lyk dit nie of Kovalev die aanbod gaan aanvaar nie.

Canelo Álvarez het die Rus Sergey Kovalev (regs) in sy visier. Hier stuur Kovalev Vyacheslav Shabranskyy in ’n vorige geveg planke toe. Foto: Getty Images

Gennady Golovkin van Kazachstan hoop op sy beurt steeds om ’n derde keer teen Álvarez te veg.

Álvarez se kamp oorweeg ook gevegte met Demetrius Andrade van Amerika en Callum Smith van Brittanje.

Die Internasionale Boksfederasie dreig intussen om sy middelgewigtitel by Álvarez af te neem indien hy dit nie binnekort teen Serhiy Derevianchenko van die Oekraïne verdedig nie.

Indien Álvarez van die titel gestroop word, sal Derevianchenko en die tweede aanspraakmaker op die titel, Golovkin, sake moet uitspook.

Álvarez is ook die Wêreldboksraad en Wêreldboksvereniging se kampioen.

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.