Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ier kan boks-geskiedenis maak

Carl Frampton sal die naweek probeer om die eerste Ierse bokser te word om wêreldtitels in drie gewigsafdelings te wen.

Carl Frampton van Ierland kan hierdie naweek boksgeskiedenis maak. Foto: Getty Images

Frampton (34), ’n voormalige junior veergewig en veergewig-titelhouer, kom Saterdag in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate teen Jamel Herring van Amerika te staan.

Die 35-jarige Herring is die Wêreldboksorganisasie (WBO) se super-veergewigkampioen.

“Ek sal deur ’n baksteenmuur hardloop om die titel te wen,” het Frampton vandeesweek aan talkSPORT gesê.

“Ek sou nooit kon droom dat ek eendag vir ’n wêreldtitel in ’n derde gewigsafdeling sou boks nie. Dis ’n groot geleentheid vir my en ek wil dit aangryp.”

Frampton en Herring dink albei daaraan om ná die geveg uit te tree.

Jamel Herring (links) moes in sy vorige geveg teen Jonathan Oquendo die heeltyd koes vir die Puerto Ricaan se kop. Foto: Getty Images

Herring is ’n voormalige seesoldaat wat twee toere in Irak agter die blad het.

Hy het sy titel in Mei 2019 gewen toe hy Masayuki Ito van Japan met punte verslaan het.

Hy het sy titel al twee keer suksesvol verdedig. Die laaste keer was in September verlede jaar toe hy met ’n diskwalifikasie teen Jonathan Oquendo van Puerto Rico gewen het. Oquendo is gediskwalifiseer omdat hy Herring aanhoudend met die kop gestamp het.

“Dit was nie ’n lekker geveg nie en ek hoop vir ’n beter dansmaat hierdie keer,” het Herring aan Ring TV gesê.

Herring is heelwat langer as Frampton, maar hy maak nie net op sy lengte staat nie.

“Ek sal slim moet boks teen Frampton, hy is meer ervare as ek,” het hy gesê.

• Die puik Australiese junior middelgewig Tim Tszyu het Woensdag sy geveg in Newcastle teen sy landgenoot Dennis Hogan met ’n tegniese uitklophou in die vyfde ronde gewen.

Tszyu is nou die no. 1-aanspraakmaker op die WBO-kampioen Brian Castano van Argentinië se titel.

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.