Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Immergroen Anriëtte 19de keer baas in PE

Anriëtte Schoeman het die naweek die Lorraine-fietstoer in Port Elizabeth vir die 19de keer gewen.

Anriëtte Schoeman het die Lorraine-fietstoer in Port Elizabeth die naweek vir ’n verstommende 19de keer gewen. Foto: Fabian Smith
Bradley Gouveris was in die mans-afdeling baas. Foto: Fabian Smith

Die 42-jarige Schoeman het die week nog herstel van ’n verkoue en moes volgens haar deur “’n paar donker plekke” gaan voor sy daarin kon slaag om die wedren oor 80 km te wen.

Haar wentyd was 2 uur, 14 minute en 17 sekondes. Juanita MacKenzie (2:17:01) was tweede en Lauren Coleman (2:17:36) derde.

“Dit was taai, maar ek het dit regtig geniet. Ek was net bly om weer by die wegspringpunt te wees,” sê Schoeman.

Die afdeling vir mans is deur Brad Gouveris gewen.

Gouveris, wat nou 21 jaar oud is, het twee jaar gelede ook die wedren geweb.

Sy wentyd was 2:00:10 met Warwick Renard tweede in 2:00:11 en Ceajay Bosman derde in 2:01:57.

Gouveris het eers Vrydagmiddag besluit om Saterdag aan die wedren deel te neem.

“Warwick het my oor die laaste 300 m hard gedruk, maar ek het dit reggekry om voor te bly,” sê Gouveris.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.