Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Impey ry 2de plek in Frankryk los

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey was Sondag die naaswenner in ’n eendagwedren in Frankryk.

Daryl Impey in aksie tydens die 20ste skof, ’n individuele tydtoets, van die Tour de France in 2020. Foto: Getty Images

Impey het die Royal Bernard Drome Classic oor 179,2 km 11 sekondes ná die wenner, die Italianer Andrea Bagioli (Deceuninck-Quick Step) voltooi.

Bagioli se wentyd was 4 uur, 23 minute en 18 sekondes.

Dit is slegs die 36-jarige Impey se derde wedren vir sy nuwe span, Israel Start-Up Nation (ISN), nadat hy tevore by Mitchelton-Scott was.

“Ek is baie gelukkig om my eerste plek op die podium vir ISN te kry en om dinge op ’n hoë noot te begin,” sê Impey in ’n verklaring van sy werkgewer.

“Ek wou weer die gevoel gehad het om ’n aanspraakmaker (vir ’n sege) te wees. Ek is die hele dag goed beskerm (deur sy spanmaats) en op die einde het Alessandro De Marchi (een van sy spanmaats) hom goed van sy taak gekwyt om my in ’n gunstige posisie te plaas.”

Impey is die nasionale tydtoetskampioen.

Hy het in 2019 slegs die tweede Suid-Afrikaner tot op hede geword om ’n skofsege in die prestigeryke Tour de France te behaal.

Robert Hunter was die ander ryer wat dit vermag het toe hy in 2007 ’n skof gewen het. – Sportredaksie


Meer oor:  Frankryk  |  Daryl Impey  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.