Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Impey soek nóg skofseges in Tour de France
Daryl Impey toe hy die negende skof van die Tour de France in 2019 gewen het. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey sal aanstaande week vir die agtste keer in sy loopbaan aan die prestigeryke Tour de France deelneem – en hy koester hoë verwagtinge.

Impey (35), wat verlede jaar ’n skofoorwinning in die Tour behaal het, se naam is Donderdag uitgelees toe Mitchelton-Scott sy uitverkore agttal aangewys het.

Dié Johannesburger van geboorte, wat in 2012 in sy eerste Tour gery het, sê luidens ’n verklaring van sy span dat daardie oorwinning hom honger gemaak het vir nog ’n skofoorwinning.

“ ’n Skofoorwinning sal beslis sukses vir die span beteken en ek sal daarvan hou as ek die een is wat dit vermag, persoonlik sal dit ongelooflik wees. Verlede jaar was redelik suksesvol en dit gaan moeilik wees om dit te herhaal, maar ons sal beslis alles insit om dit (skofoorwinning) reg te kry,” sê Impey.

“Om ’n skofwenner te wees bring ’n sekere soort kalmte. Dit (skofoorwinnings) was iets wat ek altyd nagejaag het, wat veroorsaak het dat ek dan oorgretig was, iets wat dan my kanse verongeluk het.

“My denke is nou helder. Ek hoef nie meer te dink, ‘sê nou maar hierdie is my enigste kans nie?’ Om op daardie vlak te kon wen, met talle spesialiste wat saam met my weggebreek het (van die peloton), gee my die selfvertroue dat dit weer binne my bereik is.”

Nadat Impey vroeg in die jaar die nasionale tydtoetstitel ’n negende keer verower en net-net tweede in die padwedren ná Ryan Gibbons gekom het, het hy goeie peil getoon toe die seisoen verlede maand ná die inperking hervat is.

Impey was verlede week tweede in die eerste skof van die Critérium du Dauphiné in Frankryk, met die Belg Wout van Aert wat toe koning gekraai het.

Mitchelton-Scott se span vir die Tour: Jack Bauer, Sam Bewley, Esteban Chaves, Daryl Impey, Chris Juul-Jensen, Luka Mezgec, Mikel Nieve en Adam Yates.

Meer oor:  Daryl Impey  |  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.