Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Indië se hokkie-legende Singh sterf

Balbir Singh, Indië se driemalige Olimpiese gouemedalje-kampioen, is op 95-jarige ouderdom dood.

Balbir Singh ’n paar jaar gelede op ’n prysuitdeling van die Internasionale Hokkiefederasie. Foto: Getty Images

Singh het Indië gehelp om sy eerste Olimpiese goue medalje as ’n onafhanklike land op die Spele van 1948 in Londen te wen, toe hy Brittanje met 4-0 verslaan het in die eindstryd. Indië het dié titel in die volgende twee Spele in Helsinki en Melbourne behou.

Singh het vyf doele in Indië se sege met 6-1 oor Nederland in die 1952-eindstryd behaal. Dit is ’n rekord wat steeds staan. Hy was ook die kaptein in die Spele van 1956 (Melbourne), toe hulle 38 doele in vyf wedstryde aangeteken het en nie ’n enkele een afgestaan het nie.

“Sy prestasies ná onafhanklikheid is welbekend. Hokkie het sy helderste lig verloor en almal by Hokkie Indië treur daaroor,” sê Mohammed Ahmad, Indië se hokkie-voorsitter, in ’n verklaring.

Ná sy uittrede het Singh die Indiese span afgerig en hulle het die Wêreldbeker-toernooi in 1975 gewen. – Reuters

Meer oor:  Hokkie  |  Indië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.