Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Inoue laat Dasmarinas harpuis ruik

Naoya Inoue van Japan het Michael Dasmarinas van die Filippyne die afgelope naweek met lyfhoue afgetakel om sy kapokgewigtitels van die Internasionale Boksfederasie (IBF) en Wêreldboksvereniging (WBV) te behou.

Michael Dasmarinas kreun van die pyn ná nog een van Naoye Inoue se lyfhoue. Foto: Getty Images

Inoue het Dasmarinas drie keer in drie rondes met lyfhoue platgeslaan om hul geveg Saterdag in Las Vegas met ’n tegniese uitklophou te wen.

“In die eerste ronde het ek my eerste goeie hou ingekry. Dit was teen sy lyf en ek het gesien dit laat hom huiwer en ek het toe my gevegplan aangepas en aangehou om sy lyf aan te val,” het Inoue aan Boxing News 24 gesê.

Nonito Donaire en John Riel Casimero, twee ander top-kapokgewigboksers, was langs die kryt.

Hulle boks op 14 Augustus teen mekaar, met die wenner wat dan teen Inoue te staan sal kom.

“Dit was natuurlik in my gedagtes. Dit het my gemotiveer om my beste te lewer,” sê Inoue.

Jermall Charlo se linker kon hierdie keer nie Juan Macias Montiel se kop behoorlik tref nie. Foto: Getty Images

Donaire is die Wêreldboksraad (WBR) se kampioen en Casimero die Wêreldboksorganisasie (WBO) s’n. Albei kom ook van die Filippyne.

Jermall Charlo van Amerika het selfs Saterdag in Houston ’n goeie vertoning gelewer toe hy Luan Macias Montiel van Mexiko met punte oor 12 rondes verslaan het.

Charlo, die WBR se middelgewigkampioen, het die geveg oorheers, maar kon nie daarin slaag om die taai Montiel uit te slaan nie.

Ná die geveg het Charlo volgens Sky Sports gesê hy sal nou graag teen Gennady Golovkin van Kazakstan wil boks.

Hy het ook gesê hy sien kans vir Canelo Álvarez, maar net as dié Mexikaanse ster van die super-middelgewig-afdeling na die middelgewig-afdeling skuif. – Sportredaksie



Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.