Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Inperking laat Lewis wonder of hy moet uittree

Lewis Hamilton sê die tyd vir nadenke wat hy weens die opskorting van die Formule Een-seisoen gehad het, het hom soms laat wonder of dit nie tyd is om dié sport die rug toe te keer nie.

Lewis Hamilton, huidige F1-wêreldkampioen. Foto: Getty Images

Hamilton, sesmalige wêreldkampioen, kort net een titel om Michael Schumacher se rekord van sewe krone te ewenaar. Maar die Brit erken hy het nou sy toekoms in Formule 1 begin heroorweeg.

“Uit ’n sielkundige oogpunt is die groot ding om goed oor jouself te voel – om ’n manier te vind om lief vir jouself te wees. Jy moet gemaklik op jou eie wees,” het Hamilton in ’n Mercedes-video gesê.

“Ek het probeer om meer tyd vir myself te neem, om seker te maak ek waardeer myself en om nie so streng met myself te wees nie. Ek erken dinge wat ek nie goed doen nie en is eerlik wanneer ek misluk.

“Daar is dae dat ek wakker word en deurmekaar voel, sonder motivering vir oefening. Dan wonder ek of ek moet bly jaag.

“Ek dink al hierdie goed, maar ná ’n uur of wat gaan dit verby en onthou ek, ek is dol op wat ek doen. Hoekom sou ek dit ooit oorweeg om op te hou?

“Ek wil seker maak ’n verbeterde weergawe van myself keer terug na Formule 1. As mense nie in hierdie tyd groei nie, mors hulle hul dae. Jy kan vanselfsprekend nie net heeldag op jou agterwêreld sit en tyd mors nie.

“Niks kom sonder moeite nie. Jy moet uitgaan en kry wat jy wil hê, en jy moet dit meer wil hê as die persoon met wie jy meeding. Kom net van jou alie af en doen dit.

“Dit kan dalk lank neem. Mense vergeet ek het begin jaag toe ek agt was. Ek het op 22 eers in F1 gekom. Dit was lank, maar geduld is baie belangrik.

“Ek hoop ek kom beter terug.” – Teamtalk

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Koronavirus  |  Formule Een  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.