Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Is Amir Khan te dapper of te dom?

Die Britse bokser Amir Khan sê hy is “té dapper gebore”.

Sy kritici sal dalk wonder of Khan, wat Saterdagaand in Madison Square Garden in New York teen Terence Crawford boks, nie te dóm gebore is nie.

Die 32-jarige Brit het in 2016 ’n verpletterende nederlaag teen Canelo Alvarez gely.

Hy is toe aanbeveel om eerder die bokshandskoene weg te pak. Maar hy het aangehou boks en nou het hy weer ’n kans om ’n wêreldtitel te wen.

Amir Khan (regs) hoop om Saterdag ’n skok-oorwinning oor Terence Crawford (links) in New York te behaal. Foto: Getty Images

Khan, ’n voormalige super liggewigkampioen van die Wêreldboksvereniging (WBV) en Internasionale Boksfederasie (IBF), hoop om Crawford se weltergewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) te verower.

Maar Crawford is nie sommer net nog ’n vegter nie. Hy is onoorwonne ná 34 gevegte en spog met 25 uitklophoue.

Die Amerikaner word boonop deur die meeste kritici as een van die beste boksers in die wêreld beskou.

Maar, sê Khan, sy broek bewe nie.

“Geen vrees. Ek is ’n gebore vegter. Ek was nog altyd vreesloos. Miskien is ek té dapper gebore,” het hy aan The Daily Mail gesê.

Khan het al 33 gevegte in die beroepskryt gewen en vier verloor. Hy het 20 van sy gevegte via die kortpad gewen.

Die vier manne teen wie hy verloor het is Alvarez, Danny Garcia, Lamont Peterson en Breidis Prescott.

Meer oor:  Boks  |  Amir Khan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.