Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jaguars spoeg vuur vir titel nr. 4

So maak kampioene!

Die Noord-Gautengse Jaguars het ná 14 uitmergelende wedstryddae, 12 wedstryde en 48 minute van eindstryd-netbal groot geskiedenis gemaak, toe hulle Dinsdagaand in Bloemfontein vir die vierde agtereenvolgende jaar die Nasionale Liga gewen het.

Nommer een, vir die vierde keer! Die vroue van Noord-Gauteng se Jaguars-netbalspan flits Dinsdagaand behoorlik tande nadat hulle vir die vierde agtereenvolgende keer as kampioene van die Nasionale Liga gekroon is. Foto: Gallo Images

Die Pretorianers se kloue was te skerp in die tweede helfte van ’n eindstryd waarin hulle met 38-26 koning oor die Vrystaat Crinums gekraai het.

Sake het in die eerste helfte baie gelykop verloop. Die spelers het met rustyd asem geskep met die telling 16-15 vir die kampioen, en die trofee steeds enigiemand s’n.

Maar toe trap die Pretoriase vroue die versneller in . . .

Hulle het in die derde kwart volle beheer van sake geneem en 10 doele by hul totaal gevoeg. Die Vrystaters het daarenteen ’n skamele vier keer die doelnet laat ruk.

Die Crinums het sy aanval probeer versterk deur Lefébre Rademan van hulpdoel na aanvallende vleuel te skuif en Khanyisa Chawane van AV na senter. Maar die Jaguars het hul planne reg gehad vir Rademan, die Crinums se sleutelspeler op die aanval.

Die Jaguars-verdedigers Jasmine Ziegelmeier, Akosua Mensah en later Jamie van Wyk het haar geen beweegruimte gegee nie.

Jenny van Dyk (Jaguars-afrigter) se span het die toernooi onoorwonne afgesluit. Belangriker egter is dat hulle die suksesvolste span in die geskiedenis geword het. Hulle het die vierde keer in vier jaar die trofee omhoog gelig.

Dit was die derde keer dat die Jaguars die Crinums in vanjaar se toernooi kon klop – maar die oorwinning in die eindstryd is die een wat hulle en hul ondersteuners die langste sal bybly.

As kersie op die koek is die Jaguars se Protea-senterbaanspeler en kaptein, Izette Griesel, as die Speler van die Toernooi aangewys.

Jaguars
Die Jaguars-netbalspan hou die trofee omhoog nadat hulle vir die vierde agtereenvolgende keer as kampioene van die Nasionale Liga gekroon is.

Van Dyk sê haar spelers was briljant onder druk en het koelkop gebly.

“Dit was ’n tawwe toernooi. Ons is getoets en almal is tot hul uiterste beproef. Ons het die toernooi sonder beserings afgesluit en weet jy, hulle lyk vir my nog vars,” sê Van Dyk.

Sy skryf hul sukses toe aan bestendigheid.

“Jy moenie net puik speel wanneer dit saak maak nie, maar regdeur ’n toernooi. Jy moet jou beste vir laaste bêre en dan uitsonderlik vertoon wanneer dit die meeste saak maak.”

Dit was ’n goeie toernooi vir Gautengse netbal, met die Fireballs van Johannesburg wat derde geëindig het. Die Fireballs se Protea-kaptein, Bongiwe Msomi, was die beste senterbaanspeler van die toernooi.

Rademan is as die Doelskieter van die Toernooi aangewys en Nicola Smith van die Stings was die Verdediger van die Toernooi.

Die Stings het vierde, die Noordwes-Flames vyfde en die Kingdom Stars sesde geëindig.

• In Maandagaand se eindstryd in Afdeling B het die Oos-Kaapse Aloes die Kingdom Queens met 35-31 geklop.

Hulle het egter Dinsdag hul promosie-relegasiewedstryd teen die Stars met 30-54 verloor en sal dus volgende jaar weer in Afdeling B meeding.

Meer oor:  Netbal  |  Jaguars  |  Nasionale Netballiga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.