Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jaguars spog al met twee seges in netballiga

Dit was twee uit drie vir die Noord-Gautengse Jaguars in die eerste naweek van die Nasionale Netballiga.

Chantelle Swart, hulpdoel van die Jaguars, Sondag in aksie teen die Flames van Noordwes. Sy het goed gekombineer met die ervare doel, Chrisna van Zyl. Foto: Backpagepix

Dié verdedigende kampioen het Sondag in Pretoria sy naweek afgesluit met ’n oorwinning van 58-47 oor die Flames van Noordwes.

Die Flames het ook drie wedstryde gespeel en het twee punte verdien vir ’n oorwinning van 56-40 Vrydag oor die Fireballs van Gauteng.

Die Jaguars het Saterdag sy Gautengse derby teen die Fireballs met 64-42 gewen, nadat hulle Vrydag met ’n enkele punt (42-43) teen die Southern Stings vasgeval het.

Jenny van Dyk, die Jaguars-afrigter, sal nie lank tob oor dié onverwagse nederlaag nie.

Romé Dreyer, Protea-senterbaanspeler, Sondag in aksie vir die Smileys teen die Crinums in Pretoria.Foto: Backpagepix

Die Flames het ’n goeie tweede kwart gespeel en met die rustyd met 23-25 agtergeloop teen die Jaguars.

Die Pretorianers het egter toe die versneller ingetrap en 18 doele teenoor 12 bygevoeg om die derde kwart met 43-35 af te sluit.

Van Dyk was tevrede dat sy al haar spelers speelkans kon gee.

Die 21-jarige Tukkie Chantelle Swart (hulpdoel) het puik gespeel en is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Die Noordwesters het die dienste verloor van Monique Reyneke, Vanes-Mari Proudfoot en Romé Dreyer en bou ’n nuwe span.

“Ek het ’n baie jong span. My twee senters was byvoorbeeld verlede jaar nog op skool. Hulle is nog bietjie oorweldig deur die intensiteit,’ sê Elsjé Jordaan, die Flames-afrigter.

Die Crinums van die Vrystaat het die Flames Saterdag met 49-41 geklop en Sondag met 38-64 teen die Smileys vasgeval.

Wedstryde teen die Smileys, die Protea-span, tel egter nie punte nie.

Die Vrystaters se wedstryd Vrydag teen die Jaguars beloof nou al ’n hoogtepunt te wees.

Die Liga duur tot 8 Junie.

Meer oor:  Netbal  |  Flames  |  Jaguars  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.