Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbal: Jamaika wag nou op Proteas

Twee klippe is uit die pad gerol, nou vir “berg” Jamaika.

Die Suid-Afrikaanse netbalspan het Saterdagaand sy tweede wedstryd in Groep C van die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool, Engeland, oortuigend met 55 doele teen Fidji gewen.

Bongiwe Msomi, die SA kaptein, het Saterdag haar 100ste toets gespeel. Foto: Gallo Images

Die telling van 90-35 was die hoogste nog ná twee dae se spel.

Die Proteas het nou vier punte ná twee oorwinnings nadat hulle ook Vrydag met 76-45 met Trinidad en Tobago afgereken het.

Jamaika, Sondag om 18:00, is hul laaste groepwedstryd voordat die tweede groepfase van die toernooi begin.

Die toernooi word vanjaar in ’n nuwe formaat beslis met ’n tweede groepfase wat van Maandag tot Donderdag gespeel word.

Jamaika se “Sunshine Girls” voorspel groot gevaar vir die Proteas, want hulle is tweede op die wêreldranglys.

Hulle het die Proteas boonop op verlede jaar se Statebondspele met 11 doele geklop – 57-46 – en voortgegaan om die bronsmedalje te wen.

Jamaika het Fidji Vrydag met 85-29 geklop en Trinidad Saterdag met 68-43.

Suid-Afrika is vyfde op die wêreldranglys.

As die Proteas daarin slaag om die Jamaikane te klop, sal hul week minder stresvol wees.

Verloor hulle, wag die Engelse Rose waarskynlik volgende.

Bongiwe Msomi, die kaptein, het haar 100ste toets teen Fidji gespeel, maar was net in die eerste kwart op die baan.

Norma Plummer, die SA afrigter, het nuwe kombinasies ingespan met onder andere Lenize Potgieter (doel) saam Renske Stoltz op hulpdoel en later Sigi Burger saam Stoltz.

Izette Griesel het eers senter gespeel en later vir Msomi op aanvallende vleuel vervang.

Khanyisa Chawane het ook kans gekry op senter.

Zanele Vimbela het kans gekry om saam Karla Pretorius in die verdedigende sirkel te speel.

Die aanvalskombinasie van Sigi Burger, Stoltz, Griesel en Chawane het gevloei, maar Plummer sal Sondag terugval op haar sterkste kombinasie.

Anders as krieket, rugby en sokker, is netbal se skouspel ’n kort toernooi met min tweede kanse.

* Msomi is naas Erin Burger (118) en Maryka Holtzhausen (110) Suid-Afrika se mees ervare speler.

* Saterdag se uitslae: Groep A: Australië 73, Zimbabwe 37; Noord-Ierland 67, Sri Lanka 50.

Groep B: Nieu-Seeland 78, Barbados 25; Malawi 87, Singapoer 38.

Groep C: Jamaika 68, Trinidad en Tobago 43; Suid-Afrika 90, Fidji 35.

Groep D: Engeland 70, Skotland 34; Uganda 69, Samoa 48.

* Sondag se program: 10:00: Nieu-Seeland t. Singapoer; 10:25: Malawi t. Barbados; 12:00: Engeland t. Samoa; 12:25: Uganda t. Skotland; 16:00: Australië t. Sri Lanka; 16:25: Noord-Ierland t. Zimbabwe; 18:00: SA t. Jamaika; 18:25: Fidji t. Trinidad en Tobago.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.