Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jan in sop ná hy glo prostituut ‘aanrand’

Die Duitse polisie het Jan Ullrich, voormalige Tour de France-kampioen, in hegtenis geneem nadat hy glo ’n prostituut in ’n luuksehotel aangerand het.

Jan Ullrich / Foto: AP

Ullrich was volgens ’n woordvoerder van die polisie onder die invloed van alkohol en vermoedelik dwelms toe hy gister in die vroeë oggendure in Frankfort in hegtenis geneem is.

Hy is aangehou op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Ullrich (44) en die vrou het blykbaar rusie gemaak in die Villa Kennedy-hotel toe hy haar aangerand het.

Die sportster, wat die Tour in 1997 gewen het, het net vroeër vandeesweek aan die koerant Bild gesê hy het huweliksprobleme en verkeer onder geweldige stres omdat sy vrou van hom wil skei.

Hy het sy drie seuns nie sedert die Paasnaweek gesien nie.

“Ek het goed gedoen en ingeneem waaroor ek baie spyt is. Ek ondergaan nou terapie, uit liefde vir my kinders,” het hy aan die koerant gesê.

Die onderhoud het gevolg op ’n beskermingsbevel wat teen hom toegestaan is nadat hy op die eiland Majorka in ’n onderonsie met sy buurman, die Duitse akteur Til Schweiger, betrokke was.

Volgens welovecycling.com het hy verlede Vrydag oor ’n heining gespring en Schweiger gedreig terwyl die akteur partytjie gehou het. Daar was blykbaar ook ’n struweling.

Ullrich het gevra om ’n dokter te spreek nadat hy daar in hegtenis geneem is.

Hy is ook in September verlede jaar ’n opgeskorte vonnis in Switserland opgelê nadat hy onder die invloed van drank bestuur en te vinnig gejaag het. – Reuters

Meer oor:  Jan Ullrich  |  Tour De France  |  Aanranding  |  Duitsland  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.