Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Japan se groot swemhoop (18) het leukemie

Leukemie het ’n jong Japanse swemmer wat die wêreld aan haar voete gehad het, uit die swembad gedwing.

Rikako Ikee/Foto: Getty Images

Die 18-jarige Rikako Ikee, wat ses titels op verlede jaar se Asiatiese Spele verower het, het Dinsdag bekend gemaak dat kanker by haar gediagnoseer is.

Ikee is verlede maand as Japan se swemmer van die jaar aangewys en was as ’n moontlike medaljewenner op 2020 se Olimpiese Spele beskou.

Ikee het op Twitter gesê dat sy in Australië begin siek voel het en dringend na Japan teruggekeer het. “Toetse is gedoen en ek is met leukemie gediagnoseer.

“Ek kan dit nie glo nie, alles is so deurmekaar. Maar dit is ’n siekte wat met behandeling genees kan word.”

Die diagnose ontneem Ikee van die kans om later vanjaar in Suid-Korea aan die senior-wêreldkampioenskapsbyeenkoms deel te neem.

Sy het in 2018 die vinnigste tyd in die 100 m-vlinderslag en die tweede vinnigste tyd in die 50 m-vlinderslag aangeteken.

Volgens haar gaan sy nou net op haar behandeling fokus en sy hoop om so vinnig as moontlik sterker na haar sport terug te keer.

Haar afrigter, Jiro Miki, sê egter daar is steeds ’n buitekans dat sy in 2020 aan die Olimpiese Spele in Tokio kan deelneem. – Reuters

Meer oor:  Tokio  |  Japan  |  Kanker  |  Swem  |  Leukemia  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.